<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Meetkunde, datahantering en waarskynlikheid

Meetkunde

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om 2-dimensionele figure te beskryf in terme van hul verskillende eienskappe [lu 3.2]

1. Bespreek nou as klas die eienskappe van elk van die figure op die vorige bladsy met betrekking tot die volgende:

(i) Aantal sye en lengtes

(ii) Aantal hoeke, soort en groottes

(iii) Aantal hoekpunte

2. Werk in groepe van drie. Kies enige twee van die figure op die vorige bladsy, bv. ‘n reghoek en ‘n parallelogram. Maak ‘n plakkaat waarop jul die verskille en ooreenkomste tussen die twee figure netjies uiteensit. Stal die plakkaat uit sodat die res van die klas dit kan sien.

Beoordeel jul werk op ‘n skaal van 1 – 4 deur die toepaslike syfer te omkring:

Kriteria 1 = Glad nie.2 = Net ‘n bietjie (min).3 = Goed.4 = Uitstekend.
Alle groeplede het aan die aktiwiteite deelgeneem. 1 2 3 4
Lede van die groep het na mekaar geluister. 1 2 3 4
Groeplede het mekaar in die groep gehelp en aangemoedig. 1 2 3 4
Groeplede het by die opdrag gebly. 1 2 3 4
Elkeen het ‘n kans gekry om te praat. 1 2 3 4
Die ooreenkomste is korrek aangedui. 1 2 3 4
Die verskille is korrek uiteengesit. 1 2 3 4
Die groep se werk is netjies gedoen. 1 2 3 4

Kom ons hersien!

  • Wanneer is ‘n figuur simmetries ?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Watter van die figure op p. 5 is simmetries ?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Het jy geweet?

‘’n Ontwerp wat meer as een keer binne sy buitelyne inpas, is rotasie- simmetries . Die aantal kere wat ‘n ontwerp binne sy buitelyne inpas, noem ons die orde van simmetrie .

.

Assessering

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriënta­sies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe beskryf en klassifiseer volgens hul eienskappe.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask