<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

In die woud saam met willie

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

TYDSKEDULE

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Nou kuier ons (die leerders) in die bos saam met Willie.

Leerders bespreek en besluit:

Wat sal hulle alles in die bos kan doen?

Wie sal hulle almal daar kry?

Sal dit vir hulle lekker wees?

INTEGRASIE VAN TEMAS

Sosiale geregtighede

  • Leerders besef hoe anders ander kulture woon en leef. Almal moet gerespekteer word.

‘n Gesonde omgewing

  • Die Wapse leer die leerders om vir die natuur te sorg en om hul omgewing skoon te hou.

Die aktiwiteit op die bladsy is ‘n luisteraktiwiteit. Leerders benodig slegs die gegewe bladsy en potlode / kryte. Die onderwyser gee die volgende opdrag stadig en herhaal dit een keer. Daarna moet leerders dit korrek sonder hulp teken. Indien verkies, kan die opdrag langer of korter gemaak word. Leerders wat hiermee sukkel, moet oefening kry in soortgelyke opdragte.

Opdrag: Daar is ‘n prent van die woud. Willie se boomhuis is in die grootste boom. Willie en Makkie speel onder die boom. Links van die stroom staan Kallie en visvang. Regs van die stroom groei vier geel blomme.

Leerders afdeling

Inhoud

In die woud saam met willie!

Het jy en Willie toe lekker gekuier? Wat het julle alles gedoen? Het Willie van jou huis gehou? En van jou speelgoed? Nou wonder ek of jy nie ook graag by Willie in die woud wil gaan kuier nie? Wat sal jy graag in die woud wil doen? Watter van Willie se maatjies wil jy graag ontmoet? Wat sal jy graag self in die woud wil sien?

Kan jy nog mooi onthou hoe die woud lyk? Waar gaan julle slaap? Het jy al vantevore in ‘n boomhuis geslaap? Sal jy daarvan hou? (Hoop nie jy val uit nie!) En wat van die moltrein? Ek is seker Meneer Mol sal maar te bly wees om jou vir ‘n rit deur sy tonnels te neem! Het jy al geskaats op ‘n skaatsplank? Jy onthou seker nog dat Willie die vinnigste in die hele bos skaats! Sal jy hom kan wen? Ek wonder...

Sal jy van die kos hou wat Willie en sy gesin eet? Kan jy onthou wat dit was? Watter koeldrank drink hulle? Sal jy daarvan hou? Het jy al vantevore visgevang? Sal jy graag saam met Willie wil gaan?

Ek is seker jy kan aan baie goed dink wat jy graag wil sien en doen! Maak weer jou oë toe en stap saam met Willie na die woud. Gereed? Hier gaan ons!

LU 1.3
  • My eie storie

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

LU 4.5 LU 4.6 LU 6.2 LU 6.3

LU 1.1
LU 4.1
  • Kies die regte klankie: ui of ie
LU 1.6

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder aandagtig na instruksies en aankondigings luister en op ‘n gepaste manier reageer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder skryf sodat ander kan verstaan.

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder begin woordeskat opbou en begin woorde spel sodat ander dit kan lees en verstaan.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk.

Assesseringstandaard 6.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met sinne werk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask