<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 6

Afrika se antieke ryke dryf handel

Module 16

Vroeë nedersettings in sa

Wat het intussen in ons land plaasgevind? Die landbouleefwyse het ongeveer 2 000 jaar gelede ontstaan. Namate boerdery-aktiwiteite vanaf die ooskus al langs die riviervalleie tot op die sentrale plato uitgebrei het, moes mense voortdurend aanpas wat betref hul gereedskap, wapens, skuilings, klerasie, ens. In die klein boere-gemeenskappies het almal min of meer ewe veel mag en rykdom besit. Weens die toename in handel met vee, ivoor, goud, ens. het florende dorpe ontstaan.

Die eerste boere suid van die Limpoporivier het naby die ooskus (Indiese Oseaan) gebly, want die klimaat was gematig, die reënval voldoende en die grond vrugbaar. Graangewasse is gekweek, en in potte geberg. Seekosse is ook versamel. Teen 1000 n.C. was daar al baie nedersettings in die binneland.

Vervolgens gaan ons meer uitvind oor drie baie interessante nedersettings, nl. Mzonjani , Broederstroom en die Boomplaasgrot . Bestudeer deurlopend die tydlyn en kaart.

Aktiwiteit 1:

Om gebeure in die korrekte chronologiese volgorde te plaas tydens die vroeë nedersettings in ons land

[lu 2.1]

Pas kolom A en B bymekaar, deur slegs die korrekte simbool uit kolom B by kolom A neer te skryf.

K olom A K olom B
1. 0 A. Mapungubwe goudhandel vind plaas
2. 250 n.C. B. Eerste Indiërs vestig hul in “SA”
3. 400 n.C.600 n.C. C. Hollanders onder leiding van Jan van Riebeeck vestig hul aan die Kaap
4. 1050 n.C. D. Geboorte van ChristusSan en Khoina reeds in “S.A.”
5. 1200 n.C. E. Landboudorpies soos Mzonjani en Broederstroom ontstaan (Sien kaart op volgende bladsy)
6. 1652 F. Boerdery versprei na binneland Swartboere woon reeds in riviervalleie van “Natal"
7. 1860 G. Swart boere vestig hul op die hoëveld
  • Toe die eerste boere in Suider-Afrika aangekom het, het hulle hul in die digte woude en boswêreld langs die suid-oostelike kus gevestig. Die gebiede was geskik vir verskuiwingsakkerbou (uitkap- en verbranding van bosse).
  • Toe ‘n landbou-leefwyse eers langs die kus gevestig is, het swart boere al langs die vallei en groot riviere na die binneland se vrugbare grond versprei.

Aktiwiteit 2:

Om bronne te gebruik om relevante inligting oor die vroeë nedersettings te bekom

[lu 1.3]

Mzonjani

  • Handelaars van Noord-Afrika en die Ooste het langs die ooskus van Afrika geseil en ontdek dat Afrika oor baie waardevolle handelsware beskik. Goud en ivoor is geruil vir krale en kledingstowwe.

Nie lank gelede nie, het ‘n groep padingenieurs, wat besig was om ‘n nuwe pad noord van Durban te bou, vir dae lank opgehou sodat argeoloë opgrawings kon doen nadat ou potskerwe deur stootskrapers blootgelê is. Daarna is nog potskerwe, seeskulpe, klippe, bene van diere en ysterskroewe gevind.

Mzonjani lê nou ongeveer 20 km noord van Durban, onder die N2-snelweg. Mense ry daagliks daaroor sonder om te besef dat een van die bekendste landboudorpe van Suider-Afrika teen ongeveer 280 n.C. daar geleë was.

(a) Hou ‘n groepsgesprek oor die volgende vrae:

  • Het jy al ooit, terwyl jy in die veld gestap het, iets belangriks of waardevols gevind waarop niemand vantevore afgekom het nie?
  • Is Mzonjani toevallig ontdek?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask