<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Module 18

Om krediettransaksies van handels- en diensondernemings te boekstaaf

AKTIWITEIT 1:

Om krediettransaksies van handels- en diensondernemings te boekstaaf

[LU 3.3]

Alle transaksies wat deur besighede bedryf word, geskied nie noodwendig kontant nie. Dit gebeur soms dat transaksies op krediet plaasvind, dit wil sê, betaling geskied eers later.

Wanneer transaksies op krediet aangegaan word, moet dit aangeteken word om rekord te hê van die transaksies en om seker te maak dat die verskuldigde bedrae stiptelik betaal en ontvang word. Die inskrywings word gewoonlik vanaf kredietfakture opgeteken.

Die onderneming kan handelsvoorraad op krediet aan kliënte verkoop. Die persone wat geld aan die onderneming verskuldig is, word debiteure genoem. Dit is ’n bedryfsbate vir die onderneming.

Hierdie transaksies word in die Debiteurejoernaal opgeteken. Dit is belangrik dat die kosprys van verkope hier in berekening gebring word ten einde die korrekte wins te kan bereken.

Die inskrywing word soos volg in die Debiteurejoernaal gemaak :

Fak-tuur Dag Debiteure Fol. Verkope Koste van verkope
101 1 S. Swanepoel 140 100

Die effek van sulke transaksies op die rekeningkundige vergelyking is soos volg:

(a) Bate + (debiteur se skuld vermeerder)Eienaarsbelang + (inkomste vermeerder)

(b) Eienaarsbelang – (uitgawe vermeerder)Bate – (handelsvoorraad verminder)

Die aankoop van handelsware of ander items op skuld of krediet beteken dat die onderneming geld verskuldig is aan ’n ander onderneming of persoon wat ’n krediteur genoem word. ’n Krediteur word gesien as ’n bedryfslas vir die onderneming. Hierdie inskrywings word vanaf kredietfakture in die krediteurejoernaal soos volg opgeteken.

Fak-tuur Dag Krediteur Krediteure­kontrole Handels­voorraad Skryfbe­hoeftes
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
001 1 Werda Voorsieners R520 R520

Die effek van sulke transaksies op die rekeningkundige vergelyking is soos volg:

(a) Indien bate op krediet aangekoop word: Bate + (handelsvoorraad vermeerder) Las + (krediteure vermeerder)

(b) Indien uitgawe op krediet aangegaan word: Eienaarsbelang – (uitgawe vermeerder) Las + (krediteure vermeerder)

OPDRAG 1:

Teken die volgende transaksies in die Debiteurejoernaal van Gesina Handelaars aan en sluit die joernaal af deur die kolomtotale op te tel. (Gebruik DJ 3.2.1 op die hieropvolgende bladsy.)

Die inligting vir April 2003 is soos volg:

Handelsware word met ’n winsopslag van 33⅓% verkoop.

Fakt. Datum Aan wie Verkoopprys
713 April 3 C. Simpson R210
714 April 10 C. Simpson R346
715 April 11 N. Nguni R920
716 April 16 C. Simpson R400
717 April 18 L. Naidoo R312

OPDRAG 2:

Teken die volgende transaksies in die krediteurejoernaal van Toledo Handelaars aan en sluit die joernaal af deur die kolomme op te tel. (Gebruik KJ 3.2.1 op die hieropvolgende bladsye).

Die inligting vir Mei 2003 is soos volg:

Oorspronklike fakture van leweransiers ontvang is soos volg hernommer:

2003

Mei 1 No. 225 van Transo Handelaars vir toerusting, R380

5 No. 226 van Trixo Verskaffers vir handelsware, R1 328

8 No. 227 van S&S Verspreiders vir goedere aangekoop, R625 en skryfbehoeftes, R185

12 No. 228 van Computec vir herstelwerk aan die rekenaar, R500

15 No. 229 van Trixo Verskaffers vir goedere, R300 en verpakkingsmateriaal, R260

22 No. 230 van S en S Verspreiders vir handelsware, R530

25 No. 231 van Zee Signs vir advertensieplakkate, R285

31 No. 232 van Trixo Verskaffers vir skryfbehoeftes, R220 en verpakkingsmateriaal, R345

DEBITEUREJOERNAAL VAN GESINA HANDELAARS – APRIL 2003 DJ 3.2.1

Fak­tuur Dag Debiteure Fol. Verkope Koste van verkope

KREDITEUREJOERNAAL VAN TOLEDO HANDELAARS – MEI 2003-05-18 KJ 3.2.1

Fak­tuur Dag Krediteure Fol. Krediteure­kontrole Handels­voorraad Skryfbe­hoeftes Verpakkings­materiaal
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Assessering

LU 3
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
3.1 ‘n basiese inkomstestaat en balansstaat vir ‘n diensverskaffings- en kleinhandelbesigheid opstel;
3.2 verskillende sakeondernemings se strategieë en optrede ondersoek ten opsigte van openbare betrekkinge, sosiale verantwoordelikheid en omgewingsverantwoordelikheid;
3.3 kontant- en krediettransaksies in die boeke van diens- en kleinhandelondernemings doen;
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om sakedokumente te ontwikkel, te bewaar, te herwin en te redigeer;
3.5 finansiële state ontleed vir besluitneming op ‘n basiese vlak;
3.6 tussen verskeie vorms van kredietaankope en metodes van betaling kan onderskei.

Memorandum

AKTIWITEIT1

OPDRAG 1

Debiteurejoernaal van gesina handelaars - april 2003dj 3.2.1

Faktuur Dag Debiteure Fol Verkope Koste van verkope
713 3 C. Simpson 210 157.50
714 10 C. Simpson 346 259.50
715 11 N. Nguni 920 690-
716 16 C. Simpson 400 300-
717 18 L. Naidoo 312 234-
2 188 1 641
B2/N1 B1/N2

AKTIWITEIT1

OPDRAG 2

Krediteurejoernaal van toledo handelaars - mei 2003kj 3.2.1

Fak-tuur Dag Krediteure Fol Krediteurekontrole Handels-voorraad Skryf-behoeftes Verpakkings­materiaal
Diverse rekeninge
Bedrag Fol Besonderhede
225 1 Transo Handelaars 380 - 380 - B1 Toerusting 226 5 Trixo Verskaffers 1 328 - 1 328 - 227 8 S&S Verspreiders 810 - 625 - 185 - 228 12 ComputeS 500 - 500 - N3 Herstelwerk 229 15 Trixo Verskaffers 560 - 300 - 260 - 230 22 S&S Verspreiders 530 - 530 - 231 25 Zee Signs 285 - 285 - N4 Advertensie 232 31 Trixo Verskaffers 565 - 220 - 345 - 4 958 - 2 783 - 405 - 605 - 1 165 - B3 B2 N1 N2

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask