<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wanneer die model klaar is, verander dit in ‘n oopwerkmodel:

  • Sny die bal in twee helftes om ’n noordelike en ’n suidelike halfrond te hê.
  • Sny een halfrond weer in die helfte om ’n kwartsfeer te gee.
  • Plaas een van die kwartsfere terug op die ander halfrond.
Groepassessering: Model
  • Goeie samewerking in groep; alle lede maak sinvolle bydraes
Ja Nee
  • Model: Verskillende lae in korrekte verhouding
Ja Nee
  • Model: Verskillende kleure gebruik
Ja Nee
  • Oopwerkmodel: Korrekte stappe gevolg en lae kan onderskei word.
Ja Nee

Kommentaar: _________________________________________________________

AARDBEWINGS

Wetenskaplikes glo dat eens in die aarde se geskiedenis al die landareas tot een enkele groot landmassa, genaamd Pangea , verenig was. Sowat 300 miljoen jaar gelede het dit in stukke gebreek en van mekaar begin wegbeweeg tot waar die kontinente vandag is.

  • Die stukke waarin die aardkors gebreek is, word plate genoem en elke plaat is sowat 40 km dik. Hulle kan drywe omdat die rots waaruit hulle bestaan, ligter as die gesmelte laag van die mantel daaronder is. Soms het hulle teen mekaar gebots en gefrommel, sodat diep slote op die seebodem en hoë berge op die land ontstaan het. Die Himalajas , wat die hoogste bergreeks op aarde is, word nog steeds opgedruk weens ‘n botsing tussen Indië en Asië. Die Groot Skeurvallei, ‘n bars wat oor ‘n groot gedeelte van Afrika strek, het ontstaan toe die aardkors tussen twee bewegende plate weggesak het. Sterk aardbewings kan geboue, paaie en brûe erg beskadig. Goedgeboude geboue sal die minste beskadig word.
  • Seismoloë is wetenskaplikes wat aardbewings bestudeer. Die skaal wat hulle gebruik om die sterkte van die aardbewing te bepaal, word die Richterskaal genoem. Op hierdie skaal is 1 ‘n klein aardskudding wat as ‘n ligte trilling op die grond gevoel word. ’n Telling van 7 sal groot skade aan kragtoevoer, geboue, paaie, ens. aanrig. Die plek waar die golwe die eerste keer aan die aarde se oppervlak raak, word die episentrum genoem. Die uitwerking op die oppervlak is hier die ergste. Soms is die episentrum van die aardbewing onder die seeoppervlak. Dit sal dan reuse golwe, ook getygolwe genoem, veroorsaak.

OPDRAG 2:

Op 29 September 1969 het ‘n aardbewing groot skade in die Bolandse dorpe Tulbagh, Ceres en Wolseley veroorsaak. Lees die onderstaande koerantberig wat 20 jaar later gepubliseer is (Die Burger, 9 September 1989) aandagtig deur en maak dan ‘n kort uittreksel (opsomming) daarvan. Die uittreksel mag nie meer as 100 woorde wees nie. Maak seker dat die uittreksel al die hoofgedagtes bevat.

DIE NAG TOE BOLAND SE BERGE GEDREUN HET…

Aardbewing: Twintig Jaar Later

Toe ligte dreunings die oggend van 29 September 1969 oor die veld en berge van Tulbagh, Wolseley en Ceres gerol het, het min mense gedink dat

hul huise en plase teen die aand erg beskadig of selfs verwoes sou wees.

En vandag, twintig jaar sedert daardie rampspoedige lente-aand toe ‘n aardbewing met ‘n registrasie van 6,5 op die Richterskaal die aarde hier geskud het, praat die gemeenskappe steeds oor daardie aand.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask