<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hulp vir VIGS

Vigslyer se radio “lewensbelangrik”

Maali-Malixolegwatyu

KAAPSTAD. – ‘n Geslote deur, ‘n venster wat wawyd oopstaan en ‘n radio wat kliphard speel . . .

Dit is wat ‘n besoeker êrens tussen honderde plakkershutte in New Rest, Guguletu begroet.

Die geheim om in te kom, is om na ‘n kamervenster aan die agterkant van die huis te gaan en die rede van jou besoek te verduidelik.

Me. Noberia Koko (37), wat hier woon, is alleen, blind – en bedlêend.

Ná geselsies wat uitgeruil word met die oog op ‘n onderhoud, vra Koko haar gaste om haar jonger suster te gaan haal, voordat hulle in die huis toegelaat kan word.

Ná ‘n halfuur daag me. Ruth Koko op en gaan sy oudergewoonte na die oop venster, van waar die huis se sleutels aan haar oorhandig word.

In die huis word die Xhosa-radiostasie, Umhlobo Wenene (“Jou ware vriend”), onmiddellik sagter gedraai.

Op ‘n vraag aan Koko hoekom sy die radio so hard aan het, sê sy dit is “ lewensbelangrik ”.

“Ek is op antiretrovirale middels en luister na die tyd.”

“Wanneer jy op dié pille is, moet jy dit gereeld neem – presies op die voorgeskrewe tye.”

Sy vertel ook hartseer in die kamertjie met drie beddens, hoe haar enigste dogter, Nomonde (22), wat na haar omgesien het, haar onlangs verlaat het vir “werk in George.”

“Sy is op 10 November hier weg saam met ‘n priester en het gesê dat sy werk gekry het.”

“Ek glo dit nie. Ek vermoed sy het ‘n verhouding met hom.”

Volgens haar “voel-voel” sy nou na die grootte en oppervlak van die pille wat sy daagliks moet drink.

Koko vertel sy het in 1999 begin siek word, en het aanvanklik ‘n stryd teen tuberkulose gevoer.

“’n Jaar later, ná ‘n bloedtoets, het die dokter aan my gesê dat ek MIV-positief is.”

Volgens haar was dit die begin van ‘n “lang pad en worsteling” met sangomas, familielede en medici.

“Mense het aan my gesê my blindheid is vanweë iets “boos” wat aan my gedoen is, terwyl die dokters gesê het dit hou verband met my MIV-status,” vertel Koko.

Ná wat die teenvigsmiddels “aan haar gedoen het” glo sy dat dit die beste opsie is – en dat mense nie moet skroom om dit te gebruik nie.

Die Burger, 1 Desember 2004

In hierdie berig uit Die Burger van 1 Desember 2004 lees ons van medikasie wat beskikbaar is aan MIV-pasiënte. Ons het ook in die berig op bladsy 26 gelees dat minder as 10% van die mense wat hiervan afhanklik is, toegang het daartoe.

Aktiwiteit 2:

Om navorsing ten opsigte van die suksesvolle uitwerking van antiretrovirale middels te doen

[lu 1.4, 1.5, 3.1, 3.2]

  • Kritiseer of verdedig die volgende stellings:

1. Antiretrovirale middels ondersteun slegs MIV-geïnfekteerde se gesondheid en is nie genesend nie.

2. Alle mense in Suid-Afrika het gelyke toegang tot antiretrovirale middels.

(Indien jy nie met laasgenoemde stelling saamstem nie, bespreek moontlike stappe wat tot ‘n meer regverdige verspreiding kan lei.)

Waar is antiretrovirale middels beskikbaar en teen watter prys?

Van watter spesiale produkte dra jy kennis wat daarop gemik is om die lyding van MIV-geïnfekteerde aan te spreek?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
  • relevante inligting vir spesifieke doeleindes uit bronne kies en dit opteken;
  • breedte- en lengteligging gebruik om relevante plekke op kaarte te vind;
  • inligting gebruik om oplossings vir probleme voor te stel;
1.5 verslag doen oor ondersoeke deur bespreking, debat, gestruktureerde skryfwerk, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme.
LU 3
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • ongelykhede binne en tussen samelewings identifiseer;
  • sommige faktore wat op verskillende aardrykskundige skale en op verskillende plekke tot maatskaplike en omgewingsongelykheid lei, ontleed;
  • optrede evalueer wat tot die deel van hulpbronne en die vermindering van armoede in ‘n spesifieke konteks lei.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10999/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask