<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Lank lank gelede

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Die gedig “Wense” bied aan die leerders die geleentheid om oor hulle wense te praat. Hulle probeer dan om hulle eie gedig te skep en lees dit vir die klas voor.

Op hierdie stadium is kinders baie geïnteresseerd in dinosourusse. Hulle luister eers na ‘n gedeelte wat die opvoeder voorlees, bespreek dit en beantwoord vrae daaroor.

Hulle gebruik ‘n woordeboek om die betekenis van woorde te bepaal.

Hulle besoek die biblioteek om die opdrag oor ‘n projek te voltooi en doen sodoende naslaanwerk. Leeswerk bestaan uit die storie van Blits die dinosourus wat saam met sy maatjie, Steekman verdwyn en by die leerders te voorskyn kom. Leerders verdeel in groepe en bespreek die probleem wat hulle het toe die twee hulle vra om hul huistoe te neem. Die leerders probeer oplossings soek.

  • SKRIF

Rympies word geskryf om lopende skrif te oefen.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Verkleinwoordjies soos dam – dammetjie; ring – ringetjie en trappe van vergelyking word geleer.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Luister na die gedig.
  • Lees en leer die gedig.
  • Versier die bladsy.

Ek wens, ek wens ek was die wind

wat suis deur die takke dig,

ek sou dan deur die skrefies glip

en elke teeparty ontwrig.

Ek wens, ek wens ek was binne-in

‘n seepbel glad en rond,

ek sou dan bo die berge dryf

en nooit terugkeer na die grond.

Ek wens, ek wens ek was ‘n vlieër

om saam met die wind te ry,

oor dakke, stede en riviere,

tot bo by die maan verby.

G.J.M

Hoe goed het jy geluister?

1. Vertel vir Juffrou wat die digter in elke versie sê.

2. Hoe voel jy oor die drie wense? Gee redes.

3. Verdeel in klein groepies en bespreek wat jy nog sou kon doen as jy die wind was; in ‘n seepbel rondgesweef het; ‘n vlieër was.

LU 1.2 LU 1.4 LU 2.5
  • Skryf jou eie gedig oor “Wense”.
  • Begin so …..

Ek wens, ek wens ek was …..

..........................................................................................................................................

  • Lees jou gedig vir die klas.
LU 2.2 LU 4.2

  • Lees hierdie instruksies

1. Luister aandagtig en konsentreer op die inligting terwyl Juffrou voorlees. Hou die prente byderhand.

2. Maak seker dat jy weet wat die hoofgedagte is.

3. Luister ook na die besonderhede, soos wanneer hierdie gebeurtenisse plaasgevind het? Hoe het die karakters gelyk? Wat was hulle name? ens.

4. As daar enige twyfel bestaan, kan vrae daarna gevra word.

5. Miskien het jy al films gesien wat oor hierdie onderwerp handel. Jy sal dan kan deelneem aan die besprekings wat sal volg.

6. Dink aan jou gevoelens terwyl Juffrou die inligting voorlees.

7. Baie belangrik: luister na die beskrywings, uitdrukkings en kommentaar van jou klasmaats.

LU 1.1 LU 3.3

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask