<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 18

Betredingspel

Betredingspel

[lu 4.4]

Leerders kry die geleentheid om self ‘n betredingspel te ontwerp en dan uit te voer. Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir kreatiwiteit en pret binne groepverband.

‘n Betredingspel word gekenmerk deur die feit dat ‘n sekere individu of span se “gebied” betree word. Dit kan gebeur d.m.v. fisiese aanraking of aanraking deur bv. ‘n tennisbal. Wanneer ‘n teenstander die gebied suksesvol betree, word daar ‘n punt aangeteken.

In die graad 4 Lewensoriëntering-module 4 word drie sulke betredingspeletjies uiteengesit. As voorbeeld word een hier herhaal:

Beentjie

Materiaal vir die spel : ‘n krieket- of tennisbal vir elke twee groepe.

  • Verdeel die klas in groepe van 5 tot 10 leerders. Daar moet ‘n gelyke getal groepe wees.
  • Twee groepe staan op ‘n afstand van 5 meter oorkant mekaar.
  • Elke groep probeer om die bal tussen die bene van hulle opponerende span deur te rol of te gooi.
  • Een punt word toegeken aan die een groep, indien ‘n opponent uit die ander groep die bal probeer vang, maar dit laat val.
  • Een punt word verwerf elke keer as die groep daarin slaag om die bal tussen hulle teenstanders se bene deur te stuur.
  • Die span met die meeste punte aan die einde van die spel, is die wenners.

Groepwerk

  • Verdeel die leerders in groepe van ongeveer 10.
  • Spanne kry 10 tot 15 minute om hulle eie spel uit te dink en die basiese reëls daarvan neer te skryf.
  • Elke span kry die geleentheid om hulle spel aan die res van die klas te demonstreer.
  • Leerders kies die mees geslaagde spel en die hele klas kry dan die geleentheid om die wenspel te speel.

Wenk: Moedig leerders aan om ‘n interessante naam vir hulle spel uit te dink.

Assessering

LU 4
LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGINGDie leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 deelneem aan ’n buitelugavontuurprogram deur oriëntering in verskillende omgewings;
4.2 ’n reeks liggaamlike aktiwiteite uitvoer, insluitend draai-, lig- en balanseerbewegings;
4.3 deelneem aan en verslag doen oor ’n fiksheidsprogram;
4.4 ’n speletjie speel en ontwerp wat die begrip van inval insluit;
4.5 regverdige spel ondersoek in ’n verskeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask