<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die vorms moet verkieslik op manilla gedupliseer word, maar indien dit nie beskikbaar is nie, gebruik gewone papier.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: tale, bewerkings en tyd [lu 1.2, lu 1.4, lu 1.8, lu 1.9, lu 1.10, lu 2.2, lu 4.1, lu 4.2]

Bonnie en Tommie het baie Engelssprekende maats en wil graag leer om in Engels te tel. Kom ons help hulle.

  • Spokie, die hanswors, het ballonne uitgedeel. Hier is hy met Bonnie s'n.
  • Doen al die bewerkings wat op die ballonne is. Skryf dan die antwoorde in op die ballonne in Spokie se linkerhand. Kleur elke ballon liggies in soos jy die bewerkings voltooi. Verdubbel die antwoorde op die ballonne.
  • Help vir Bonnie en Tommie om hierdie horlosies reg te stel. Die horlosies het tyd verloor en is nou 1 uur en 10 minute agter.
  • Hierdie horlosies het tyd gewen en is 15 minute voor.
  • Hier is Spokie met Tommie se ballonne.

Doen al die bewerkings wat op die ballonne is. Skryf weer die antwoorde op die ballonne in Spokie se linkerhand. Kleur elke ballon liggies in soos jy die bewerkings voltooi. Halveer al die ander antwoorde, behalwe dié op H, want daar het jy die hele lyntjie nodig om die antwoord te skryf.

  • Bereken:
  • Deel hierdie 2 vorms in 8 gelyke dele (agstes). Elke deel is .
  • Gebruik jou veelvoudekaart van Module 2 en oefen om aan en terug te tel in 8's tot by die 10de veelvoud.

Jy sal sien dat jy alreeds meer as die helfte van die veelvoude ken:

  • Voltooi die reekse en sê wat jy gedoen het:
  • Trek 'n kring om al die ewe getalle en 'n blokkie om die onewe getalle:

1229 1006 1040 1445 1238 1441

1544 1500 1337 1002 1223 1335

  • Rangskik die ewe getalle van klein na groot:
  • Rangskik die onewe getalle van groot na klein:
  • Skryf dieselfde getalle se getalname:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Hier is Spokie nou met Terrie se ballonne.

  • Doen die bewerkings wat op die ballonne is. Skryf die antwoorde in op die ballonne in Spokie se linkerhand. Kleur elke ballon liggies in soos jy die bewerkings voltooi. Maak nou elke antwoord 12 meer.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder getalname van 1 tot minstens 10 ken in die moedertaal (indien dit nie die onderrigtaal is nie) en in een ander plaaslike taal;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 getallelyne;

1.10.4 afronding in tiene.

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse tot minstens 1 000 kopieer en uitbrei;

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder analoog- en digitale tyd in ure, halfure, kwartiere en minute lees;

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos wat berekeninge met en herleiding doen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask