<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 5

OOM KOWIE EN MISTER KING

Module 15

SKRYFWERK: STYL

AKTIWITEIT 1

OM ‘N BEWUSTHEID EN GEBRUIK VAN STYL TE ONTWIKKEL DEUR ‘N VERSKEIDENHEID SINSLENGTES EN -SOORTE TE GEBRUIK

[LU 6.4.1]

OM ‘N BEWUSTHEID EN GEBRUIK VAN STYL TE ONTWIKKEL DEUR WOORDORDE GEPAS VIR FOKUS EN KLEM TE WISSEL [LU 6.4.2]

a) Kom ons kyk weer na die eerste twee paragrawe van die leesstuk “Oom Kowie Brönn van Montagu”.

A Kowie Brönn vertel, hy sê, ek droom ek stap in Engeland en ek stap by Buckingham Palace verby, toe staan die bodeur oop, en daar trek darem ‘n rokie uit die skoorsteen uit. Slaap darem nie meer nie, dog ek.

Ek staan nog so, hier kyk die Prince of Wales oor die onderdeur, handevryf-handevryf. Toe sien hy my. Maar wás hy bly.

Die skrywer kon dit natuurlik in vervelige taal geskryf het, byvoorbeeld:

B Kowie Brönn vertel: “Ek droom ek toer in Engeland. Ek droom ek stap by Buckingham Paleis verby en sien toe dat die deur oopstaan en daar ‘n rokie by die skoorsteen uittrek. Die mense is darem al wakker, dink ek.

“Terwyl ek nog so staan, kyk die Prins van Wallis oor die onderdeur, terwyl hy sy hande vryf. Toe hy my sien, was hy baie bly.”

Julle sal seker saamstem dat A in mooier taal geskryf is as B. Waarom is dit so? Dis omdat die skrywer skryf soos Oom Kowie praat. Ons noem dit ‘n verteltrant. Verder gebruik die skrywer sinne van verskillende lengtes. Sommige sinne is ook nie volledig nie, soos julle reeds weet, maar tog verstaan ons dit wanneer ons dit lees. Ook verskil die skrywer se woordorde in A van die woordorde in B. Vergelyk byvoorbeeld die twee onderstreepte gedeeltes.

Jy het jou eie stukkie humoristiese skryfwerk gedoen. Skryf dit nou oor, maar probeer om dit aan te pas deur die sinne se lengtes te verander en ook van onvolledige sinne gebruik te maak. As jy daarby ook nog daarin kan slaag om jou woordorde op ‘n paar plekke te wysig, het jy uitstekende werk gelewer en sal jy daarvoor beloon word.

AKTIWITEIT 2

OM TAAL MET DIE GEPASTE REGISTER IN ‘N VERSKEIDENHEID SITUASIES TE GEBRUIK

[LU 2.4.1]

b) Ons praat nie met alle mense op dieselfde manier nie. Ons spreek ons maats anders aan as wat ons met ons opvoeder praat, of met ons ouers, oupa en ouma, ‘n vreemde tannie, die polisieman, ensovoorts.

Bespreek met jou maat hoe jy in die volgende gevalle behoort te sê. Daarna sal jou opvoeder julle kans gee om julle antwoorde vir die klas te sê.

Sê vir die verpleegster sy moet asseblief nie vir jou seermaak nie.

Vra vir jou oupa/ouma of hy/sy vir jou ‘n storie sal vertel.

Bedank die Staatspresident dat hy die moeite gedoen het om met jou te praat.

Troos jou maat wat huil en belowe om hom/haar te help.

Sê vir jou broers en suster om Pappa se motor te was.

Sê vir die petroljoggie by die vulstasie hy moet petrol in Pappa se motor gooi.

AKTIWITEIT 3

OM TAAL MET DIE GEPASTE FORMALITEITSGRAAD (REGISTER) IN

MINDER BEKENDE SITUASIES TE GEBRUIK EN BEWUSTHEID VAN DIE

TEIKENGROEP TE TOON [LU 6.4.4]

OM TOON EN WOORDKEUSE VIR VERSKILLENDE TEIKENGROEPE EN

DOELEINDES AAN TE PAS [LU 6.4.5]

Skryf nou die antwoorde neer wat julle in (b) as gepas aanvaar het.

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

2.3 gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede gebruik:

Verskuif oogkontak om so ‘n groot moontlike deel van die gehoor in te sluit;

2.3.2 gebruik gepaste intonasie en gesigsuitdrukkings;

2.3.3 pas tempo en volume vir klem aan;

2.3.4 gebruik pouses gepas en pas toon volgens die doel aan.

2.4 gepaste woorde en strukture vir verskillende doeleindes en teikengroepe gebruik:

gebruik taal met die gepaste register in minder bekende situasies;

gebruik die gepaste grammatikale strukture en taalidioom vir die doel.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

6.2 met sinne werk:

6.2.13 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse adjektiewe: intensiewe vorme;

6.2.16 gebruik voorsetsels doeltreffend;

6.2.17 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone;

6.3 met tekste werk:

6.3.1 gebruik kern- en ondergeskikte sinne om ‘n samehangende paragraaf te vorm;

6.3.2 gebruik voegwoorde en woorde wat tyd, oorsaak en gevolg aandui om logiese sinne en paragrawe te skep;

6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:

gebruik ‘n verskeidenheid sinslengtes en -soorte;

wissel woordorde gepas vir fokus en klem;

6.4.4 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad (register) in minder bekende situasies en toon bewustheid van teikengroep;

6.4.5 pas toon en woordkeuse vir verskillende teikengroepe en doeleindes aan.

Memorandum

Aktiwiteit 1

a) Skryfstyl

Hier moet u baie duidelike leiding gee. Dit sal goed wees as u self ‘n stukkie skryf vir Aktiwiteit 1 in Module 14 en dan aanpas vir Aktiwiteit 1 in Module 15 sodat dit vir die leerders as voorbeeld kan dien. Die aktiwiteit moet deur die leerders as genotvol ervaar word.

Aktiwiteit 2

e) Gepaste taal in verskeie situasies (Let veral op na (vi) hieronder. Dit is die belangrikste sin in hierdie aktiwiteit om uitvoering te gee aan AS 2.4.1. Leerders moet leer om alle mense met respek te behandel en ordentlik aan te spreek. U kan meer voorbeelde skep).

Tannie moet my asseblief nie seermaak nie / Tannie moet asseblief nie vir my seermaak nie / Asseblief, Tannie, moenie (vir) my seermaak nie.

Sal Oupa (Ouma) asseblief vir my ‘n storie vertel? / Oupa (Ouma), vertel asseblief vir my ‘n storie.

(Geagte) President, baie dankie dat u die moeite gedoen het om met my te praat.

Toemaar, moenie huil nie. Ek sal jou help.

Julle moet asseblief Pappa se motor was.

Oom (Meneer/jy) moet asseblief petrol in Pappa se motor gooi / Sal Oom (Meneer/jy) asseblief petrol in Pappa se motor gooi?

Aktiwiteit 3

Eie sinne. Dit is wenslik dat u dit kontroleer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask