<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 7

Kaartwerk

Module 12

Rigting en kontoerlyne

1. Rigting

Daar is vier hoofrigtings, maar tussen dié vier hoofrigtings is daar sekondêre en tersiêre rigtings. Maak seker dat jy daarmee vertroud is en bestudeer die meegaande figuur.

Hoofrigtings

Sekondêre rigtings

Tersiêre rigtings

2 . Kontoerlyne

Wat is ‘n kontoerlyn?

  • Dit is lyne wat plekke, wat op dieselfde hoogte bo seevlak geleë is, met mekaar verbind. Deur na die patrone van kontoerlyne te kyk, kan jy baie inligting oor ‘n gebied se eienskappe bekom.

Kenmerke van kontoerlyne

  • Elke kontoerlyn sluit by homself aan en vorm dus ‘n geslote lyn.
  • Kontoere kruis of sny mekaar nooit nie of verdeel ook nie in twee nie.
  • Die enigste geval waar kontoere mekaar raak, is wanneer hulle ‘n loodregte vorm soos ‘n krans of ‘n waterval voorstel.
  • Die verskil in hoogte (of toename tussen twee opeenvolgende hoogtelyne) is konstant. Hierdie verskil in meter staan bekend as die vertikale tussenruimte.
  • Die kontoer se hoogte in meter word by ‘n onderbreking in die lyn (of net bokant die lyn) geskryf.
  • Elke vyfde kontoerlyn is duideliker (of dikker) geteken. Waar die vertikale tussenruimte 20 meter is, word die duideliker lyne as 300 meter en 400 meter aangedui; die ander tussen-in word ligter aangedui.
  • Wanneer daar ‘n baie steil helling is, is die kontoere baie naby aan mekaar geteken. As dit ‘n helling is wat geleidelik styg, is die kontoere deurgaans ver uitmekaar.

Aktiwiteit 1:

Om die simbole op ‘n topografiese kaart te verstaan

[lu 1.4]

  • Bestudeer hierdie gedeelte van Ceres se 1:50 000 kaart.
Aktiwiteit 1.6 Om die simbole op ‘n topografiese kaart te verstaan
LU 1.4

1. Beantwoord nou die volgende vrae:

a) Hoeveel stasies en sylyne word aangedui?

b) Word hierdie dorp deur ‘n enkel- of dubbelspoor bedien?

c) Noem die naam van die rivier wat deur die dorp loop.

d) Noem die naam van die rivier wat in die Ceresdam vloei.

e) Hoeveel afsonderlike woongebiede word aangetoon?

f) Hoe hoog is die hoogste piek in die Witsenberg?

g) Bepaal die afstand tussen die polisiestasie en die sylyn (stasietjie) Skoonvlei.

h) Verduidelik hoekom die kontoere in die omgewing van die Aartappelrivier (noord van die dorp) ver van mekaar is, terwyl dit suidwes van Ceres weer baie naby aan mekaar geleë is.

Hierdie topografiese kaarte word nie in atlasse gevind nie. Jy kan dit bestel vanaf die Staatsdrukker in Pretoria, waar dit deur kartograwe geteken word vanaf vertikale lugfoto’s en ortofotokaarte.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir ‘n ondersoek identifiseer [vind bronne];
1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en interpreteer [werk met bronne];
1.3 afstande op aardbolle, atlasse en kaarte meet deur lynskale te gebruik [werk met bronne];
1.4 plaaslike kaarte en/of ortofotokaarte gebruik om ligging te bepaal en die vraagstuk en die konteks daarvan te ondersoek (vergelyk met veldwaarnemings) [werk met bronne];

Memorandum

Aktiwiteit 1:

1.

a) 4

b) Enkelspoor

c) Dwarsrivier

d) Koekedourivier

e) Hoofdorp, tweede direk oos van hoofdorp, derde noordoos van hoofdorp Nduli.

f) Slab Peak 1 392 m

g) 6,2 cm × 50 000 = 310 000 cm ÷ 10 000 = 3,1 km

h) Aartappelrivieromgewing is geleë in die breë plat riviervallei, waar kontoere ver van mekaar geleë is om ‘n plat helling voor te stel. Die suidweste is ‘n hoër, bergagtige area wat steil berghellings het. Die kontoere is dus naby aan mekaar geleë.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask