<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hoog op in die atmosfeer is daar ‘n osoonlaag wat die aarde teen die son se skadelike ultravioletstrale beskerm. Die osoonlaag tree as ‘n filter op en as dit beskadig word, is die son se strale baie skadelik vir lewende wesens. Die mens is in sulke omstandighede bv. baie meer geneig tot velkanker. Chemiese samestellings, bekend as CFK’s, is stadig maar seker besig om die osoonlaag te verwoes. Hierdie skadelike gasse word in spuitkannetjies en die verkoelingselemente van yskaste gevind, en word gebruik by die maak van polisterien. Die gat in die osoonlaag bokant Antarktika het sedert 1980 baie vergroot.

Nou hoe kan ons daartoe bydra om hierdie probleem aan te spreek? Miskien moet jy eers besef dat jy kweekhuisgasse die lug instuur as jy bloot sekere “onskuldige “ dinge doen.

Dis ‘n reusetaak wat vir ons voorlê, maar wat tog oorbrugbaar is as elkeen sy klein bydrae gee. Ons is dit aan ons nageslag verskuldig.

Uit: NW-taak , Claudia Struwig, Graad 9, 2003

1. Noem nou ses dinge wat jy doen wat kweekhuisgasse die lug instuur. Onthou, jy het dit heel moontlik in NW gedoen!

2. Jy vra jouself dalk nou af of dit dan enigsins moontlik is om te leef sonder om die wêreld te vernietig. Ja, dit is, maar jy sal die volgende moet doen: (Kyk of jy aan agt maniere kan dink!)

3. En wat kan die regering doen? Wel, hulle kan sekere dinge met wetgewing afdwing. Kyk of jy aan vyf dinge kan dink wat die regering kan doen!

Aktiwiteit 2:

Om aan groepbesprekings deel te neem en belangrike vraagstukke, soos menseregte, te bespreek

[lu 2.4]

Om ons land verder in stand te hou, moet ons ook na ons kinders kyk. Lees die onderstaande artikel, Kinders vatbaar vir trauma , deur en voer dan ‘n algemene klasbespreking oor die inhoud daarvan.

Kinders vatbaar vir trauma
  1. Nog lank ná ‘n traumatiese gebeurtenis kan die letsels van mishandeling, verwaarlosing en wreedheid nog in ‘n kind se gedagtes ronddwaal.
  2. Dit is die bevinding van die Wêreld-Gesondheidsorganisasie (WGO), wat vroeër vandeesmaand op Wêreldgesondheidsdag op die uitwerking van trauma en geweld op kinders en jong volwassenes gefokus het.
  3. Volgens die WGO is tot 40 miljoen kinders van 15 jaar en jonger jaarliks die slagoffers van misbruik en verwaarlosing.
  4. Volgens die Verenigde Nasies se Kinderfonds (UNICEF) se syfers is tot twee miljoen kinders verlede jaar doodgemaak, ses miljoen ernstig beseer of permanent gestrem en tot twaalf miljoen kinders dakloos gelaat.
  5. “Die volwasse wêreld is nog ver van die droom van ‘n wêreld sonder geweld teen sy jongste inwoners,” vertel mnr. Pirkko Lahti, president van die World Federation of Mental Health.
  6. En in Suid-Afrika is die syfers ewe ontstellend. Onlangse navorsing het bevind dat tot 99% van alle jong volwassenes in die afgelope jaar aan die een of ander traumatiese gebeurtenis blootgestel is. Van hierdie kinders het tot 20% post-traumatiese steurnisse ontwikkel.
  7. Die mees traumatiese gebeurtenisse wat beleef is, was geweld, rooftogte en die aanskouing van ‘n familielid se dood of besering.
  8. Kinders wat aan trauma blootgestel is en hulp nodig het, kan graag by die Tygerberg-hospitaal se Bathuthuzele-kliniek (021 938 9162) om hulp aanklop vir evaluasie en behandelingsprogramme.
Uit: Die Burger 30 Oktober 2002

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask