<< Chapter < Page Chapter >> Page >

_____________________________________________________________________

5. Uitlaatstelsels van motors kan nie beskerm word deur dit te verf nie.

Hoekom nie?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

6. Hoekom roes vlekvrye staal stadiger as gewone staal?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. MATERIALE KAN WARMTE OORDRA

As jy ‘n koue teelepel vir ‘n tydjie in kookwater hou, word dit warm wanneer jy daaraan raak. Warmte is dus oorgedra van die water na die teelepel. (Hierdie oordrag van warmte sal net plaasvind totdat die temperatuur van beide stowwe dieselfde is).

Oordrag van warmte vind op drie maniere plaas, nl. geleiding, stroming, straling:

4.1 Geleiding :

Dit is die oordrag van warmte van een deel van ‘n stof na ‘n ander, terwyl elke deel op sy eie plek bly.

  • Geleiding vind veral plaas in vaste stowwe .
  • Die meeste metale is goeie geleiers van warmte.
  • Nie-metale soos glas, hout, rubber, kurk, papier, plastiek en asbes is swak geleiers van warmte.
  • Alle vaste stowwe gelei nie warmte ewe goed nie.

Interessante gebruike van swak geleiers:

  • Handvatsels van panne, strykysters, ens. word van hout, plastiek of ander swak geleiers gemaak. Dit verhoed dat die hand brand.
  • Ons kledingstowwe (wol, katoen, ens.), die hare/pels van diere, die vere van voëls is almal swak geleiers van warmte. Die lug tussen die hare/pels/klere/ vere is ook ‘n swak warmte-geleier. Só behou die liggaam sy warmte.
  • ‘n Glasblad op ‘n tafel en tafelmatjies wat van hout/kurk/plastiek/katoen gemaak is, verhoed dat warmte van ‘n skottel na die gepoleerde blad gelei en skade aangerig word.
  • Koue vleis, blikkies of botteltjies koeldrank kan op ‘n lang reis koel gehou word deur hulle in koerantpapier of ‘n wolkombers toe te draai. Papier en wol is swak geleiers.
  • Ys kan lank bewaar word deur dit in saagsels te hou of in ‘n handdoek toe te draai.
  • Huise met grasdakke is koel op warm dae en warm op koue dae.
  • Huise met plat dakke het lae glasvesel bokant die plafon.
  • Eskimo’s bou hulle huise van sneeu om hulle teen koue te beskerm.

Noem nog VYF voorbeelde, elk met ‘n kort verduideliking:

1.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. ___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. ___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. ___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

5. ___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask