<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1. Kyk na die woord “inheemse” wat in die beriggie gebruik word. Wat beteken dit?

2. Die antoniem van hierdie woord (woord met teenoorgestelde betekenis) is uitheemse . Kan jy sien hoe die antoniem gevorm is? Die “in” is deur “uit” vervang: inheemse word uitheemse. Wat beteken “uitheemse”?

3. Die “in”- en “uit”- deel van hierdie woorde word voorvoegsels genoem omdat hulle vooraan die woord staan, en hulle het ’n funksie, naamlik om die betekenis van die woord te help bepaal. Daar is ook woorde met agtervoegsels, soos die volgende woorde uit die beriggie: deelnemer, fasiliteerder, mededinger.

  • Onderstreep die agtervoegsel in elkeen van die bogenoemde woorde.

4. Verduidelik wat die agtervoegsel se funksie (sy werk) in hierdie woorde is.

5. Soek enige vyf woorde met voorvoegsels en vyf met agtervoegsels in tekste in hierdie module en skryf hulle neer. Onderstreep die voor- en agtervoegsels.

LU 6.3

Aktiwiteit 4

Om taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen te gebruik

  • Doen naslaan- en/of kaartwerk oor die volgende en skryf kortliks neer wat jy uitgevind het:

1 . die oorsprong van die woord “marathon”

2 . die Noordpool

3 . die Berg Everest

4 . die Pinkster-eiland (Engels: Pentecost Island )

5 . die Gobi-woestyn

6 . vriesbrand (as iets wat met ’n mens gebeur )

LU 5.1 LU 5.3

Aktiwiteit 5

Om ’n kort, formele praatjie of aanbieding te gee

  • Berei ’n mondelinge aanbieding voor wat ongeveer vyf tot agt minute sal duur oor enige aspek van sport. Maak dit ook aanskoulik (visueel interessant) deur van modelle, voorbeelde, plakkate, blaaibordvelle of die oorhoofse projektor (selfs ’n Power Point-aanbieding, as jy kan) gebruik te maak. Sorg dat jy kaartjies het met die hoofgedagtes daarop en maak seker dat jou visuele material verband hou en op die regte plek gewys word. ’n Mens moet goed voorbereid wees en goed met jou gehoor kommunikeer. Paslike lyftaal, goeie oogkontak, duidelike spraak en aangename stemtoon is van groot belang.
LU 2.6 LU 6.2

Aktiwiteit 6

Om bekende woorde korrek te spel

  • Die volgende woorde kom almal in die tekste waarmee julle in hierdie module gewerk het, voor. Kyk goed na hulle en maak seker dat jy weet hoe om hulle te spel;
  • agternagesit
  • hoë
  • toring
  • kilometers
  • chirurg
  • rivier- en damwater
  • Voer die volgende opdragte uit:

1. Skryf twee sinne: gebruik eers “agternagesit” (een woord) in die eerste sin, en dan “agterna gesit” (twee woorde) in die volgende sin om aan te dui wat die verskil in betekenis is.

2. Vergelyk die woord “hoë” met ’n word soos “vroeë”. Spreek die woorde uit en probeer vasstel waarom daar deeltekens op elke e is. Verduidelik dit aan ’n maat en laat jou maat dan sê of jou antwoord reg of verkeerd klink. Vra dan vir jou onderwyser of julle reg is.

Jou maat se evaluering:

3. Hoe sou jy “toring” aan die einde van ’n sin afkap?

4. Hoe sou jy “kilometers” afkort, bv. 30 kilometers:

5. Vind uit wat die ander spelwyse van “chirurg” is en skryf dit neer.

6. Hoekom is daar ’n koppelteken in “rivier- en damwater”? Skryf dit volledig uit om te wys jy verstaan wat dit daar doen.

LU 6.1

Aktiwiteit 7

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask