<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 5

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 16

Om 'n volksliedjie te sing en te begelei

MUSIEK

AKTIWITEIT 1

OM 'N VOLKSLIEDJIE TE SING EN TE BEGELEI

[LU 1.8; 1.11]

Stap 1

Noem enkele kenmerke van ‘n volksliedjie:

Stap 2

Hier volg die woorde van die volkswysie wat jy gesing het:

Ek soek na my Dina, my Dina, my Dina;

Ek soek na my Dina, die Dina van my.

O hier is my Dina, my Dina, my Dina;

O hier is my Dina, die Dina van my.

Kan jy die verskillende herhalings identifiseer?

Dui dit aan met verskillende kleure en/of simbole.

Kies by elk van die volgende twee notasie-voorbeelde die korrekte maatsoortteken en voeg dit in by die gegewe blokkies.

3 op 4-maat m.a.w. 3 kwartnote in elke maat

3 op 8-maat m.a.w. 3 agstenote in elke maat

V oorbeeld 1

V oorbeeld 2

Watter een sal die vinnigste gesing word?

Stap 3

OSTINATO-PATROON: ‘n Ritmiese patroon wat oor en oor herhaal word.

Klap op knieë (Patchen)

Handklap

Vingerklap

O efen dit!

Stap 4

Kan jy die ritmiese patrone 1 en 2 saamklap terwyl jy die liedjie sing?

KLAP POLSSLAG
1 2 3 4 5 6
Patroon 1 X X
Patroon 2 X X X
Patroon 3
Eie patroon

Watter patroon word gevorm as patroon 1 en patroon 2 gekombineer word? Skryf dit in by patroon 3. Kan jy hierdie patroon saam klap terwyl jy sing?

AKTIWITEIT 2

OM 'N POPULÊRE LIEDJIE TE SING EN TE BEGELEI

[LU 1.8; 1.9; 1.11]

  • ‘n Populêre lied is, soos wat die naam sê, ‘n lied wat op ‘n spesifieke stadium gewild is. Noem ‘n paar populêre liedjies.

Stap 1

Hier volg die woorde van “ We all stand together

‘Win or lose, sink or swim,

One thing is certain: we’ll never give in.

Side by side, hand in hand,

We all stand together.’

AKTIWITEIT 3

OM MY EIE SPORTLIED TE SKEP EN UIT TE VOER

[LU 1.9; 1.10; 1.11]

Stap 1

Sing die liedere met die aangepaste woorde!

Dui die volgende tegnieke aan m.b.v. verskillende kleure en/of simbole:

- Herhaling

- Roep-en-antwoord

- Aksent (>)

Stap 2

Luister na die opnames wat jou opvoeder voorspeel – die refreingedeeltes van die liedere is ideale sportliedjies! Klap en sing saam!

Stap 3

Skryf in vir die sportliedjie-kompetisie!

Werk in groepe. Kies ‘n bekende lied en verander die woorde sodat die lied geskik sal wees vir ‘n sportbyeenkoms.

Voeg beweging en begeleiding in die vorm van liggaamsperkussie by.

Sodra almal vertroud is met die “nuwe” lied, word dit aan die klas voorgedra.

(of julle kan ‘n video-opname maak en aan die klas voorspeel).

Skryf die begeleidingspatroon neer:

Assessering

LU 1

SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

MUSIEK

1.8 konsentrasie en noukeurige beluistering toon in die herkenning, herhaling en skep van ritmes en poliritmes deur gebruik te maak van beweging, liggaamsperkussie en natuurlike instrumente;

1.9 ‘n kort ritmiese patroon, bestaande uit half, kwart en agste nootwaardes en rustekens, kan komponeer en aanbied m.b.v. liggaamsperkussie;

1.10 musikale frases kan improviseer en skep waarin gebruik gemaak word van herhaling, aksent en vraag-en-antwoord

1.11 liedere in 3-maatslag kan sing (34 en 38).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask