<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Beantwoord die vrae deur met Nee, ……. te begin.

1. Kan ‘n mens MIV kry deur dieselfde vurk te gebruik?

2. Kan ‘n mens MIV kry wanneer ‘n muskiet jou byt?

3. Kan ‘n mens MIV kry deur dieselfde bad te gebruik?

4. Kan ‘n mens MIV kry deur hande vas te hou?

5. Kan ‘n mens MIV kry deur dieselfde koppie te gebruik?

ONTHOU OOK
nie + iemandnie + êrensnie + ietsnie + ooitnie + nognie + alnie + nooit WORD niem and ….. nienêrens ….. nieniks ….. nienooit ….. nienie meer ….. nienog ….. nienog nooit ….. nie

Beantwoord die volgende vrae in die ontkenning.

1. Kan iemand MIV opdoen deur ‘n lyer te soen?

Nee,

2. Sal jy ooit MIV kry as jy ‘n lyer druk?

Nee,

3. Het jy al ooit waterpokkies gehad?

Nee,

4. Is daar iets wat MIV kan genees?

Nee,

5. Is daar êrens ‘n dokter wat lyers gesond kan maak?

Nee,

6. Het jy al ‘n MIV-lyer ontmoet?

Nee,

7. Gaan jy nog MIV-lyers vermy?

Nee,

LU 6.2.5

4. KLASPROJEK

Verdeel in groepe van vier. Elke groep moet ‘n plakkaat ontwerp. Die plakkaat moet illustreer dat MIV/VIGS nie aansteeklik is deur koppies, glase of kos, ensovoorts te deel nie. Dit moet ook die boodskap duidelik oordra dat niemand die siekte kan kry deur aan iemand te raak of selfs in dieselfde klas by die skool te wees as ‘n lyer nie. Niemand kry die siekte wanneer ‘n lyer naby jou hoes of nies nie en dit word ook nie deur insekbyte oorgedra nie.

Die plakkaat moet kleurvol wees en alle prentjies moet duidelike en beskrywende byskrifte en slagspreuke hê. Raadpleeg die biblioteek vir inligting. Die internet bevat ook baie inligting. Besoek gerus die volgende webwerf:

http://education.pwv.gov.za/HIVAIDS-Folder/Afr-Emergency.htm

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 stories verstaan (aan leerders vertel of gelees):
1.1.2 teken relevante inligting op (soos om ‘n tabel in te vul).
LU 6
WOORDESKAT EN GRAMMATIKA Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.3 die verskillende tydsvorme (teenwoordige, verlede en toekomende tyd);
6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ons het nie gewen nie);
6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong, sagte, vroeër, vroegste, dolverlief);
6.2.12 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy speel, maar hy lees ‘n boek; ons werk hard omdat ons goed wil doen);
6.3 sy/haar woordeskat ontwikkel:
6.3.2 verstaan en gebruik woorde met teenoorgestelde betekenis (soos: lelik/mooi).

Memorandum

Luisterlees by no. 2

  • Lees die volgende leesstuk twee of drie maal vir die leerders voor, waarna hulle dan die vrae beantwoord.

Die Pessiekte

Die pessiekte het vir langer as 300 jaar in Europa gewoed. Die siekte het in 1348 uitgebreek en het mense siek gemaak tot aan die einde van die sewentiende eeu. Omtrent 25 miljoen mense is dood aan die siekte. Die siekte is versprei deur vlooie wat deur rotte gedra is. Daar was geen manier om die siekte te keer nie. Almal wat dit gekry het, het gesterf, selfs die dokters. Die pessiekte bestaan vandag nog, maar antibiotika kan mense wat dit kry, heeltemal gesond maak.

2. 2 000 MENSE

3.

(1) Nee, ‘n mens kan nie MIV kry deur dieselfde vurk te gebruik nie.

(2) Nee, ‘n mens kan nie MIV kry wanneer ‘n muskiet jou byt nie.

(3) Nee, ‘n mens kan nie MIV kry deur dieselfde bad te gebruik nie.

(4) Nee, ‘n mens kan nie MIV kry deur hande vas te hou nie.

(5) Nee, ‘n mens kan nie MIV kry deur dieselfde koppie te gebruik nie.

(1) Nee, iemand kan nie MIV opdoen deur ‘n lyer te soen nie.

(2) Nee, jy sal nooit MIV kry as jy ‘n lyer druk nie.

(3) Nee, ek het nog nooit waterpokkies gehad nie.

(4) Nee, daar is niks wat MIV kan genees nie.

(5) Nee, daar is nêrens ‘n dokter wat lyers gesond kan maak nie.

(6) Nee, ek het nog nooit ‘n MIV-lyer ontmoet nie.

  • Nee, ek gaan nie weer MIV-lyers vermy nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask