<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 16

Gimnastiese bewegings

Aktiwiteit 1:

Om ‘n reeks gimnastiese bewegings uit te voer

[lu 4.2]

Gimnastiese aktiwiteite

‘n Reeks gimnastiese bewegings bied ‘n ideale geleentheid vir individuele

assessering.

Materiaal: Gimnastiekmatte en enige ander gimnastiekapparaat maak die moontlikhede waaruit leerders kan kies, groter. Leerders spandeer die eerste 15 minute van die lesperiode om hulle reeks uit te werk en in te oefen. Die opvoeder moet raad en bystand gee. Laat ruimte vir persoonlike kreatiwiteit.

Elke leerder moet ‘n reeks gimnastiese bewegings voorberei wat die volgende

dek:

  1. Aanvang
  2. Vooroorrol
  3. Wawiel (cartwheel)
  4. ¼ - ½ of 360° draai
  5. Eiekeusebeweging/posisie
  6. Afsluiting

Binne hierdie bewegings moet daar gelet word op vormverandering, spoed en

rigting. Daar moet ook aandag gegee word aan balans.

Aspekte wat geassesseer kan word, is:

  • Akkuraatheid by die uitvoering van die bewegings
  • Liggaamshouding
  • Vloeiendheid binne die uitvoering van die reeks.

Kriteria vir assessering (‘n Punt uit 10):

(Een punt word vir elke fout afgetrek)

  1. Voldoen aan die opdrag
  2. Vloeiendheid
  3. Posisies moet gehandhaaf word vir ongeveer vier tellings
  4. Tydsberekening
  5. Akkuraatheid

LW: Met die vooroorrol is die volgende aspekte belangrik:

  • Leerders se hande moet in ‘n plat posisie gebruik word en nie in ‘n vuis geklem word nie.
  • Die kop moet deurgaans ingebuig wees (ken op bors).
  • Sommige leerders sukkel om regop te kom na die rol en moet opgehelp word.

LW: Met die wawiel (cart wheel) is die volgende aspekte belangrik:

  • Om leerders se veiligheid te verseker of onseker leerders te help, kan die opvoeder agter die leerders staan wanneer hy/sy die beweging uitvoer.
  • Die opvoeder plaas sy/haar regterhand op die linkerheup van die leerder wanneer hy die rotasiebeweging doen.

Lw: indien die kopsprong (kopwip) aangebied word as 360 grade-beweging, is die volgende belangrik:

  • Dit kan op die vloer uitgevoer word, maar dit is wel makliker om dit op ‘n stellasieboks te doen.
  • Die opvoeder behoort die leerder te ondersteun deur een hand onder sy naaste skouer te plaas en die ander hand onder die lae rug.
  • Laat leerders eers die halfdraai-balansposisie oefen en bemeester voordat hulle die volledige beweging uitvoer.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
L IGGAAMLIKE O NTWIKKELING EN B EWEGINGDie leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 toepaslike begrippe in ’n verskeidenheid slaan-en veldwerkspeletjies toepas;
4.2 verfynde bewegingsreekse (-sekwensies) waarin verandering van vorm, spoed en rigting deur gimnastiese aksies beklemtoon word, demonstreer;
4.3 deelneem aan ’n fiksheidsprogram wat ontwerp is om spesifieke aspekte van fiksheid te ontwikkel;
4.4 ritmiese bewegingspatrone met koördinasie en beheer uitvoer;
4.5 basiese noodhulp in verskillende situasies toepas.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask