<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 4

Ruimte en vorm, patrone, datahantering

Module 15

Driedimensionele voorwerpe uit die omgewing

AKTIWITEIT 1:

Om driedimensionele voorwerpe uit die omgewing met betrekking tot geometriese eienskappe te ondersoek en vergelyk en deur driedimensionele modelle met uitgeknipte veelhoeke te maak

[LU 2.2, 3.2, 3.3, 3.5, 4.8]

1. Ondersoek van ruitnette: kartondose.

Jy het die volgende kartondose nodig: graanvlokkiedoos; 'n kartondosie waarin tee verpak was, en nog meer. Maak die dele waar die kartondose geplak is, versigtig los sodat jy die kartondoos plat op die tafel kan neerlê. Bestudeer die plan of ruitnet van die kartondoos.

2. Voordat jy die ruitnet hieronder uitknip, moet jy kolletjies soos vir 'n dobbelsteentjie op die verskillende vlakke invul. Knip dan die net uit, vou dit op die lyne langs om 'n kubus te vorm en plak dit met kleeflint. Kyk na 'n werklike dobbelsteentjie om te sien of jy die getalle kolletjies korrek aangedui het.

3. Knip die vorm onder die tabel hier onder uit en vou dit langs die lyne om 'n piramiede (viervlak of tetraëder) met drie kante en 'n driehoekige basis te vorm.

4. Kyk nou na die ruitnette van die graanvlokkiedoos ('n reghoekige prisma); die kubus wat jy self uitgeknip het en die tetraëder om hierdie tabel te kan voltooi:

Voorwerp Aantal vlakke Plat of geronde vlakke Aantal hoekpunte Aantal kante
Reghoekige prisma
Kubus
Tetraëder

Aktiwiteit 2:

Om simmetriese-lyne in tweedimensionele vorms, insluitend natuurlike en kulturele kunsvorms, te herken en te beskryf [LU 3.4]

1. PROJEK.

  • Versamel soveel verskillende blare as moontlik. Kyk of hulle presies in die helfte gevou kan word sodat die twee helftes identies is. As dit moontlik is, is die lyn waarlangs hulle gevou word, die SIMMETRIE-LYN. Plak jou blare op 'n vel karton, dui die simmetrie-lyn aan en versier die klas daarmee.
  • Versamel blomme en doen dieselfde met hulle.

2. Vorms.

2.1 Knip die vorms op die volgende bladsy uit. Kyk of elkeen van hulle presies in die helfte gevou kan word. Dié vou is ook 'n simmetrie-lyn. Gebruik 'n liniaal en trek 'n stippellyn op die vou langs. Sommige vorms het meer as een simmetrie-lyn. Onthou dat die helftes identies moet wees. Teken al die symmetrie-lyne en plak die vorms op die figure hier onder. Gebruik byskrifte om die simmetrie-lyne aan te dui.

2.2 Maak ook ander vorms, byvoorbeeld 'n sirkel, en vou dit om te sien of daar simmetrie-lyne is. Plak hulle ook op 'n skoon vel papier. Gebruik byskrifte om die simmetrie-lyne aan te dui.

Aktiwiteit 3:

Om die verandering van aansig van 'n voorwerp wat vanuit verskillende posisies gesien word te beskryf [LU 3.7]

Wanneer ons 'n groot gebou van die voorkant af sien, weet ons dat dit nie dieselfde sal lyk as ons agter of aan die kant van die gebou staan nie. Dit sal ook nie dieselfde lyk as ons by 'n hoek van die gebou staan nie.

1.

1.1 Gaan gou buitentoe en kyk van die voorkant af na die skool.

1.2 Stap om die gebou na agter en kyk weer daarna.

  • Nou moet jy na die een kant toe stap en die skoolgebou van die kant af beskou.
  • Ten laaste moet jy by een van die hoeke van die skoolgebou gaan staan om te kyk hoe dit daarvandaan lyk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask