<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 7   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Nog meetkunde, datahantering en waarskynlikheid

Opvoeders afdeling

Memorandum

14.1 – 14.5 Kontroleer leerder se pogings

14.4 Fanta

14.5 R25,00

15.1 (a) half 9

(b) 1 uur 40 min

(c) 53 min

(d) half 7

(e) 55 min

(f) 18 ure

15.2 (a) 14 000 km

(b) 14,7 ure

(c) ongeveer 7 200 km

(d) 600 km/h

(e) ongeveer 49 en ‘n half

(f) 12 ure 47 min

(g) 08:05

(h) 07:05

(i) “Daylight saving” – gebruik soveel son moontlik

(j) VSA

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: eie voorstelling van data [lu 5.5, lu 5.8, lu 5.9, lu 4.1]

14. EIE VOORSTELLING VAN DATA:

14.1 Vusi, ’n leerder in gr. 7, was ernstig siek en moes in die hospitaal opgeneem word. Die verpleegster het gereeld sy koors geneem.

08:00 37,8°

10:00 38,2°

12:00 38,4°

14:00 37,6°

16:00 38°

18:00 39,2°

20:00 38,8°

  • Stel die inligting voor op ’n lyngrafiek .

14.2 In ’n sekere dorp word die water soos volg verbruik:

tuinmaak 32%

wasgoed en skottelgoed 15%

toilette 28%

bad 20%

koskook en drink 5%

  • Toon die gegewens aan deur middel van ’n sirkelgrafiek .

14.3 Tydens die leerderraadverkiesing van die Laerskool Sonskyn kry Stephanie 80 stemme; Tamara 120 stemme ; Buck 60 stemme en Sean 140 stemme.

  • Teken ’n piktogram/prentgrafiek om die stand van die stemme aan te toon.

14.4 Teken ’n staaf-/kolomgrafiek om die verkope van koeldrank vir die jaar aan te toon.

Fanta 38 000 liters

Coke 45 500 liters

Cream soda 20 500 liters

Tab 43 250 liters

  • Watter soort koeldrank lê die naaste aan die gemiddelde verkope?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

14.5 KOPKRAPPER!

  • Kan jy die volgende gegewens op diesefde grafiek aandui?

Jan Feb Mar Apr Mei

Jan Feb Mrt April Mei
Prys van Cheddar-kaas per kg R12.50 R15.00 R12.50 R17.50 R22.50
Prys van Soetmelkkaas per kg R17.50 R22.50 R12.50 R20.00 R25.00

(Wenk: trek ’n dubbele kolomgrafiek)

  • Hoekom, dink jy, varieer die pryse so van maand tot maand?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Hoeveel meer sou jy in Februarie vir 5 kg Soetmelkkaas moes betaal as in Januarie?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

15. INTERPRETASIE VAN DATA

15.1 Kyk na die volgende TV rooster en beantwoord dan die vrae wat volg.

a) Hoe laat kan jy na die aërobiese oefeninge kyk? _____________________

b) Hoe lank duur die drama “Deep in my heart”? _________________________

c) Hoe lank duur die program “Once and again”? _________________________

d) Hoe laat kan jy Big Brother 2 kyk? ____________________________

e) Hoe lank moet jy wag ná “What women want” voordat jy na K-TV kan kyk? _______________________________________________________________

f) Hoe lank duur die hele uitsending dié dag? __________________

g) Hoeveel tyd spandeer JY gemiddeld per dag voor die TV? _____________

15.2 15.2 Bestudeer die wêreldkaart en die gegewe skaal om die volgende vrae te beantwoord:

a) Hoe ver is dit van Kaapstad na New York? ____________________________

b) As ’n vliegtuig teen 950 km/h vlieg, hoe lank gaan dit jou min of meer neem om van Kaapstad na New York te vlieg? ____________________________________

c) Hoe ver is dit van Perth na Los Angeles? _____________________________

d) Teen watter spoed reis jy as dit jou 12 uur neem om bogenoemde afstand af te lê? _________________________________________________________________

e) As jy kan stap teen 8 km/h van Tokio na Rio de Janeiro, ongeveer hoeveel dae sou dit jou neem om die afstand af te lê? __________________________

f) As jy om 20:18 uit Kaapstad vertrek en die volgende oggend om 09:05 (S.A.-tyd) in Londen arriveer, hoe lank het jou vlug geduur? _______________________

g) Hoe laat is dit dan in Engeland (Maart tot September)? _________________

h) Hoe laat is dit dan in Engeland (September tot Maart)?___________________

i) Waarom pas Engeland hul tyd so aan?________________________________

_______________________________________________________________

j) Waar in die wêreld word die tyd nog so aangepas? _____________________

Assessering

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assessment Standard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos wat tyd, afstand en spoed behels;

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder data organiseer (en groepeer ook, waar gepas) en aanteken deur tellings, tabelle en stam-en-blaar-voorstellings te gebruik;

Assesseringstandaard 5.8: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid grafieke met die hand of met behulp van tegnologie teken om data voor te stel en te interpreteer (gegroepeer en ongegroepeer);

Assesseringstandaard 5.9: Dit is duidelik wanneer die leerder data wat op verskeie maniere voorgestel is krities lees en interpreteer ten einde gevolgtrekkings en voorspellings te maak wat sensitief is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 7. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11076/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask