<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kontantaankope kan gedoen word by enige winkel waar die beste transaksie beding kan word. Jy is dus nie gebind aan ’n spesifieke winkel waar jy ’n rekening het nie.

Krediet is ook altyd duurder omdat rente en administratiewe koste bygevoeg moet word.

Kontantaankope beteken dat jy nie meer sal koop as wat jy kan bekostig nie. Maklike kredietverlening kan veroorsaak dat ’n mens geld uitgee wat jy nie regtig het nie en wanneer dit terugbetaal moet word kan finansiële probleme ontstaan.

Kontantaankope maak die verbruiker geregtig op kontantkorting wat goedkoper aankope meebring.

Bogenoemde voordele toon dus aan dat kontantaankope steeds bestaansreg het in ’n sakewêreld wat grootliks van krediet gebruik maak.

NAVORSINGSOPDRAG:

  • Versamel inligting by finansiële instellings en winkels oor die verskillende metodes van betaling wat bestaan.
  • Bepaal dan, met redes, watter metodes is die beste vir die volgende persone :

(a) ’n professionele persoon

(b) ’n student

(c) ’n boer

(d) ’n pensioenaris

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
3.1 ‘n basiese inkomstestaat en balansstaat vir ‘n diensverskaffings- en kleinhandelbesigheid opstel;
3.2 verskillende sakeondernemings se strategieë en optrede ondersoek ten opsigte van openbare betrekkinge, sosiale verantwoordelikheid en omgewingsverantwoordelikheid;
3.3 kontant- en krediettransaksies in die boeke van diens- en kleinhandelondernemings doen;
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om sakedokumente te ontwikkel, te bewaar, te herwin en te redigeer;
3.5 finansiële state ontleed vir besluitneming op ‘n basiese vlak;
3.6 tussen verskeie vorms van kredietaankope en metodes van betaling kan onderskei.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

(a) ‘n Professionele persoon – Sulke persone kan op grond van hul professionele status sekere voordele by banke geniet soos ‘n spesiale tjekrekening en ander fasiliteite. Aangesien hierdie persone nie baie tyd het om aan hulle persoonlike geldsake te bestee nie, is ‘n tjekrekening en kredietkaarte, asook elektroniese maniere van betaling, nuttig. In geval van oorsese reise is reisigerstjeks nuttig.

(b) Student – Aangesien studente nie ‘n voltydse inkomste verdien nie, het hulle dikwels spesiale behoeftes wat deur die meeste banke met behulp van spesiale pakkette hanteer word. Kredietkaarte is nuttig indien selfdissipline toegepas word sodat nie te veel op krediet aangekoop word nie. Debietkaarte is nuttig omdat daar nie meer geld gespandeer kan word as wat in die rekening is nie.

(c) Boer – Omdat boere jaarliks die opbrengs van oeste het en gereeld betalings moet doen, is ‘n tjekrekening met oortrokke fasiliteite geskik. ‘n Maandelikse bankstaat en afskrifte van tjeks, of tjekteenblaaie, help om betalings te kontroleer en te beplan. Afstand is gewoonlik ‘n beperkende faktor en dan is tjekbetalings en elektroniese betalings voordelig.

(d) Pensionaris – Dit is gevaarlik vir ouer mense om baie kontant by hulle te dra. Hulle kan eerder gebruik maak van kredietkaarte of debietkaarte om hulle betalings te doen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask