<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Module 25

Vorms van kredietaankope en metodes van betaling

AKTIWITEIT 1:

Om vorms van kredietaankope en metodes van betaling te ondersoek om aanbevelings in die verband te kan maak

[LU 3.6]

Aangesien die verbruiker nie altyd oor voldoende kontant beskik om sekere aankope te maak nie, is sekere vorme van krediethandel ontwikkel. Dit beteken aankope word nou gedoen maar betaling geskied eers later. Daar is verskeie vorme waarop kredietaankope kan plaasvind - ’n baie algemene manier is om op ope rekening te koop.

Die verbruiker open ’n rekening by ’n spesifieke winkel en doen sy aankope wanneer hy verkies. Aan die einde van die maand ontvang hy ’n rekening en betaal ’n maandelikse bedrag.

Huurkooptransaksies is ’n ander vorm van krediet waarmee duur aankope soos byvoorbeeld ’n motor gedoen word. Elke maand word ’n vaste paaiement betaal totdat die hele koopsom, plus rente, afbetaal is.

Kredietkaarte is vandag ’n baie gewilde metode van krediet. Verskeie aankope kan gedurende die maand gedoen word en ’n afskrif van al die kliënt se aankope word aan sy bank gestuur. Aan die einde van die maand word die verskuldigde bedrag van die kliënt se bankrekening afgetrek.

Daar is verskeie maniere waarop ’n verbruiker vir sy aankope kan betaal. Die mees algemene manier , om betalings te doen is deur middel van kontant, maar dit is nie veilig om groot hoeveelhede kontant saam te dra nie. Daarom word al hoe meer gebruik gemaak van elektroniese metodes van betaling waar geld glad nie fisies hanteer word nie.

’n Gewilde manier van betaal is deur middel van tjeks. Die houer van ’n tjekrekening gee opdrag aan sy bank, deur middel van die tjek, om ’n sekere bedrag geld aan ’n sekere persoon te betaal. Die opdrag word uitgevoer wanneer die tjek by ’n bank aangebied word vir betaling.

Betalings kan by die Poskantoor gedoen word deur middel van posorders. Sulke betalings kan veilig na enige plek in die land versend word. Die bedrag geld wat jy wil betaal, word saam met die kommissie by ’n poskantoor inbetaal en die posorder word aan die persoon gestuur. By ontvangs daarvan word die posorder by die poskantoor geruil vir kontant.

Debietkaarte kan gebruik word vir betalings in die winkel. Die geld word elektronies van jou bankrekening afgetrek. Dit is veilig omdat jy nie kontant saam met jou hoef te dra nie. Jy kan ook nie meer geld uitgee as wat in jou bankrekening is nie. Die balans van jou bankrekening kan te enige tyd by ’n outomatiese tellermasjien, gekontroleer word.

Reisigerstjeks is nuttig wanneer jy oorsee reis. Die geld word by die bank inbetaal en in ruil ontvang jy reisigerstjeks waarmee jy betalings in ander lande kan doen. Reisigerstjeks word voorsien in Amerikaanse, Kanadese of Australiese dollar, Franse frank, Britse pond, Duitse mark, Switserse frank, Hollandse gulden, Japanese jen en Saudi Rial.

Alhoewel al hoe meer mense hulle aankope op krediet doen, is dit nog steeds voordelig om kontant vir jou aankope te betaal.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask