<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Entrepreneurskap

Module 16

Waar kom ‘n besigheidsidee vandaan?

AKTIWITEIT 1:

Om ‘n besigheidsidee te identifiseer en te beskryf

LU 4.2 LU 4.3

  • Kies enige bestaande besigheid in jou omgewing en verskaf inligting oor die besigheid in terme van die opskrifte hieronder. Jy sal dit waarskynlik nodig vind om byvoorbeeld met die eienaar of bestuurder te gesels om die nodige inligting te bekom.

1. Naam:

2. Eienaar:

3. Hoofproduk(te) wat verkoop word of diens wat gelewer word:

4. Waar die produk(te) vandaan kom of vervaardig word:

5. Wat benodig word vir die daarstelling van die produk of lewering van die diens:

Om ‘n besigheidsidee te vind:

Die inligting wat jy oor die besigheid wat jy gekies het, verskaf het, dui daarop dat die volgende altyd op ‘n besigheid van toepassing is en dus in ag geneem moet word wanneer ‘n besigheidsidee oorweeg word:

  • ‘n Bepaalde produk (of versameling produkte) of diens moet aangebied word.
  • Die vervaardiging of verkryging van die produk(te), of lewering van die diens moet volgehou kan word.
  • Daar moet kopers wees wat die produk(te) of diens wil hê en daarvoor kan betaal.

Kreatiewe denke is ‘n vereiste. ‘n Entrepreneur boots nie na nie, maar doen iets nuuts of doen iets wat reeds bestaan, beter.

Entrepreneursaksies kan in verskillende groepe verdeel word. Die volgende is ‘n breë indeling waarbinne verdere onderverdelings gemaak sou kan word:

  • Iets wat reeds bestaan en volop beskikbaar is, kan vir iets anders gebruik word (nuwe doel) . Iemand het byvoorbeeld besluit om baksteenreste wat nie meer vir messelwerk geskik is nie by persele waar bouwerk aan die gang is, op te koop en vir plaveiwerk te gebruik teen ‘n prys waarteen ander plavei-ondernemers nie kon kompeteer nie. Dit was ‘n groot sukses.
  • Iets wat reeds bestaan, kan verander om verbetering teweeg te bring (verbetering) . Die ontwikkeling van die mikrovlokkie (‘microchip’) in rekenaartegnologie is ‘n goeie voorbeeld, asook die verkleining van reuserekenaars wat ‘n vertrek volgestaan het na persoonlike rekenaars (‘desktops’) en later na skootrekenaars (‘laptops’). ‘n Heel ander voorbeeld is waar ‘n winkeleienaar besluit om te diversifiseer deur sy produkreeks uit te brei. Hy verbeter dus sy dienslewering.
  • Iets nuuts kan ontwikkel word wat iets wat reeds in die mark beskikbaar is heeltemal vervang (vervanging). Plastieklense vir brille is byvoorbeeld besig om glaslense te vervang.

Dink nou self aan voorbeelde en skryf hulle kortliks neer:

Nuwe doel

Verbetering

Vervanging

OPDRAG:

Besin oor ‘n besigheid wat jy graag binne die volgende maand sou wou begin en wat in terme van die bogenoemde drie punte lewensvatbaar behoort te kan wees. Dit kan iets wees wat jy by die skool bedryf of gedurende naweke.

Doen navorsing en beskryf die idee volledig. Maak eers rowwe notas en skryf die finale poging neer. Doen dit deeglik, want jy gaan hierdie idee vir die res van die module gebruik.

My besigheidsidee:

Produk of diens (dui aan of dit ‘n nuwe doel, verbetering of vervanging is)

Vervaardiging en/of verkryging

Die mark (wie gaan koop, hoekom, en hoekom hulle dit sal kan bekostig)

Bemarkingstrategie

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
Entrepreneurskennis en VaardighedeDie leerder is in staat om entrepreneurs-kennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
4.1 finansiële instansies en organisasies wat entrepreneurskap bevorder, kan identifiseer;
4.2 verskillende idees om ‘n besigheid te begin, kan bespreek (insluitend idees om toeriste te lok en konsessiemodelle);
4.3 tussen die vorme van eienaarskap in die informele en formele sektore kan onderskei (alleeneienaarskap, beslote korporasie);
4.4 die finansiële lewensvatbaarheid van ‘n besigheid kan evalueer (bv. aanvangskoste, produksiekoste, verkope en wins); en
4.5 ‘n besigheidsaktiwiteit wat aankope, vervaardiging en bemarking behels, onderneem (behoort die finansiering van die besigheid met eie of geleende geld in te sluit – bv. oortrokke bankfasiliteite).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask