<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Geskiedenis

Graad 4

Die ontstaan van godsdienste van die wêreld

Module 14

Vergelyking van die wêreld se grootste godsdienste

In die volgende tabelle vergelyk ons die verskillende godsdienste van die wêreld.

Aktiwiteit 1

Om bronne te bekom en gebruik en verslag oor die godsdienste van die wêreld te doen [lu 1.3]

a) Skryf elke godsdiens langs die sleutel, en kleur die verskillende godsdienste in.

SLEUTEL
...............................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

B)bestudeer elke godsdiens se tabel in groepverband en hou daarna ‘n klasgesprek oor die verskillende godsdienste.

Judaïsme

Wat is die ooreenkomste en verskille tussen die Christene en Jode?

Hoe sal jy ‘n sinagoge herken?

Wat is kosjer produkte?

Islam

Wat gebeur tydens Ramadan?

Hoekom het die Islam so vinnig en so ver versprei?

Glo die Moslems in Abraham, Moses en Jesus as profete?

Hindoeïsme

Hoekom is baie Hindoes vegetariërs?

Wat is inkarnasie en meditasie?

Watter rol speel gode in die godsdiens?

Boeddhisme

Vind meer uit oor die kloosters en monnike.

Christendom

Waarom was die Christelike geloof in die begin veral vir armes so aanvaarbaar?

Waarom het die Christendom so vinnig versprei?

Assessering

Leeruitkoms 1: geskiedkundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • inligting uit bronne kommunikeer (verslaggewing):
  • verhale mondeling kan oorvertel;
  • ‘n prent kan gebruik om ‘n verhaal te vertel.

Memorandum

(a) Boeddhisme; Christendom; Islam; Hindoeïsme; Judaïsme

(b) Judaïsme

Die Jode het veral twee heilige boeke: Tenakh (Ou Testament) en die Talmoed (kommentaar op die Ou Testament). Jode en Christene deel dus twee derdes van die Bybel.

  • Die Jode glo onwrikbaar in God, die Skepper en Onderhouer van alle dinge. God is almagtig, groot en heilig. (Deut. 6:4)

Jode glo Jesus van Nasaret is nie die Messias nie. Hulle glo Hy moet nog kom.

  • Dit is ‘n Joodse gebou. Dit is verkantig of langwerpig. Aan die een kant van die gebou kry ons die Ark (rolle met die wet) wat na Jerusalem wys.
  • Kosjer beteken rein .

Islam

  • Tydens die maand van Ramadan , die maand waarin die Koran geopenbaar is, word dit van almal (behalwe siekes, bejaardes, klein kindertjies) verwag om van sonopkoms tot sonsondergang te vas. Gedurende die aand en in die nag mag kos en drank wel gebruik word. Dit leer Moslems selfdissipline, afhanklikheid en sensitiwiteit vir minderbevoorregtes oral op aarde.
  • Sterk leierskap (Mohammed); aantreklike godsdiens, want gelowiges se pligte word duidelik omskryf.
  • Die Moslems glo dat hul dieselfde geloof volg as Abraham, Isak, Jakob en Ismael. Die Islam erken ook die profete van die Bybel, en het ook hoë agting vir Jesus as besondere profeet en boodskapper. Nadat God (Allah) Hom deur die profete (ook deur Jesus) aan die mens bekendgemaak het, het Hy Hom die beste en duidelikste bekend gemaak deur Mohammed.

Hindoeïsme

  • Verskeie dieregode word aanbid, bv.: Hanumam (aap van geleerdheid), Ganesja (met die olifantkop en slurp – die heer van die leërskare), koei (word vereer as lewende wese – die mees verhewe in die skepping).
  • Reïnkarnasie : Alle lewende wesens keer elke keer in ‘n nuwe vorm terug (bv. eier, wurm, larwe, skoenlapper)
  • Meditasie Daar bestaan letterlik miljoene gode-figure. Feitlik elke plant, dier, riviertjie of natuurverskynsel word as god vereer. Daar is egter sekere opperfigure soos Brahman (alomteenwoordige as almagtige heerser), Trimurti (bestaan uit Brahma, Wisjnoe en Sjiwa).

Boeddhisme

  • Boeddhisme – monnike leef eenvoudig en gee die meeste van hul besittings prys. Hul bid, onderrig, mediteer en bedel om hul kos.

Christendom

  • Jesus se vader was ‘n skrynwerker en sy volgelinge gewone mense: vakmanne, handelaars, vissermanne en belastinggaarders. Jesus se prediking van liefde, hoop en redding het veral armes en onderdruktes aangetrek. Hy het stories van boerdery en die alledaagse lewe as vergelykings gebruik om vir mense geestelike waarhede te leer.
  • Daar was ‘n tydperk van vrede in die Romeinse Ryk (Pax Romana). Keiser Konstantyn het godsdiensvryheid in die Romeinse Ryk gewettig.
  • Die gebruik van Grieks as algemene omgangstaal – almal kon dit verstaan.
  • Die vertaling van die Ou Testament uit Hebreeus in Grieks.
  • ‘n Uitstekende netwerk verkeersweë tussen die belangrike stede – dit het reise aangemoedig.
  • Daar was ‘n boodskap van hoop en bevryding vir almal.
  • Toegewyde dissipels en apostels (bv. Paulus) was as martelare bereid om hul lewens vir hul godsdiens af te lê.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask