<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 4

My eie uitspringkaartjie

Module 14

Stoffel se koevert (deel 2)

G. Maak nou jou koevert (vervolg van Module 13)

Bring ‘n ou koevert saam skool toe. Maak dit versigtig oop en kyk hoe dit aanmekaar gesit is.

‘n Oopgevoude koevert lyk amper soos ‘n ruit (‘n meetkundige figuur met vier sye wat ewe lank is). Al verskil is dat een van die hoeke afgeknip of afgesny is en vier insnydings is aangebring sodat die koevert mooi kan toevou!

  • Jy moet al die prosesse ( a – h ) gebruik.
  • Besluit vooraf hoe jy die verskillende dele van die koevert gaan heg. (Jy kan dit met ‘n skoon A4-blad inoefen.)
  • Jy mag die mate van die koevert aanpas vanaf meegaande voorbeeld.
    a)
  • Plaas die vierkant voor jou soos hierbo aangetoon.
  • Bring die letters a, b, c, d aan op die hoeke.
    b)
  • Meet die afstande soos aangedui en trek die twee ligte, horisontale lyne.
    c)
  • Meet die afstande soos aangedui en trek liggies die twee vertikale lyne.
  • Nommer die hoeke 1, 2, 3, 4.
    d)
  • Trek harde lyne by a ,1; 1, b ; b ,2; 2, c ; c ,3, ens.
  • Trek kruisies om die afval aan te dui.
  • Trek strepies op lyne 1,2; 2,3, ens. Om die voulyne aan te dui, gebruik ‘n skerp potlood.
    e)

Kontrolepunt

  • Kom wys vir my.
  • Knip met ‘n veiligheidskêrtjie op lyne a 1, b 1, b 2, c 2, ens.
  • Gooi die afvalstukkies in die vullisblik.
    f)
  • Gebruik ‘n veiligheidsliniaal en ‘n skerp voubeen om die voulyne te stryk.
  • Druk die liniaal styf vas.Staan wanneer jy die voubeen gebruik.
    g)
  • Vou eers punt b na die binnekant, dan punt a en laastens punt c .Gaan vra jou onderwyser om jou te wys watter puntjies afgesny moet word.
    h)
  • Trek 'n ligte lyntjie om aan te dui waar, en tot waar, jy gom moet smeer.
  • Te veel gom sal onnet wees, omdat dit uitpeul.Vryf alle hoekies en rande plat.

Assessering

Leeruitkoms 1: tegnologiese prosesse en vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.1 uitvind, met hulp, oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word;

1.7 ’n kort beskrywing gee van ‘n plan om iets te maak en die hoofstappe noem;

  • gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur eenvoudige vorms in ‘n verskeidenheid soorte materiaal af te meet, uit te merk en te sny, en dit deur middel van verskeie tegnieke aan mekaar te heg of te las;
  • netjies en veilig werk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11098/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask