<< Chapter < Page Chapter >> Page >

(c) Die lug was (mistig, donker, helder).

(d) Brandende (klippe, haelkorrels, wolke) het op die stad gereën.

(4 x 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} ) = 2

3. Vul die ontbrekende woorde in:

(a) Die berg by Pompeji se naam was .

(b) Hierdie berg was eintlik ‘n .

(c) Die brandende ___________ het die geboue aan diebrand laat slaan.

(d) Smeulende ______________het alles bedek.

(4 x 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} ) = 2

4. Die volgende stellings is ONWAAR. Skryf hulle oor sodat hulle WAAR sal wees.

(a) ‘n Paar mense het gesterf.

(b) Hulle het op die as en puimsteen gelê.

(2)

Beantwoord die volgende vrae in volsinne.

(a) Wat het met die stad gebeur?

(b) Wie het die stad ontdek?

(2)

TOTAAL: 10

Assessering deur die opvoeder.

LU 3.1.1

5. VOEGWOORDE

Onthou jy nog die voegwoorde? Hulle is mos woorde wat jy gebruik as jy sinne langer wil maak. Dis woorde soos want , daarom en omdat .

Daar is drie groepe voegwoorde in Afrikaans.

Groep 1 Groep 2 Groep 3
enmaarwant daaromdusdan omdatdatterwyl
Die tweede sin verander nie. Die werkwoord van die tweede sin spring vorentoe en staan direk ná die voegwoord. Die werkwoord van die tweede sin spring na die einde van die sin.

Verbind die volgende sinne met die voegwoorde tussen hakies.

1. Aardbewings laat die aarde bewe. Geboue stort ineen. (en)

2. Orkane is verskriklike winde. Dakke waai af. (daarom)

3. Die torings in New York is vernietig. Vliegtuie het in hulle vasgevlieg. (omdat)

4. Pompeji is begrawe. Dis weer ontdek. (maar)

5. Die lugskip was gevul met waterstofgas. Dit was baie plofbaar. (dus)

6. Dit is ‘n feit. Die Titanic was baie luuks. (dat)

7. Die pes is ‘n gevaarlike siekte. Jy kan sterf. (want)

8. Jy moet uit ‘n gebou vlug. Daar is ‘n aardbewing. (terwyl)

Jy en ‘n maat kan mekaar se sinne assesseer.Julle opvoeder sal die korrekte antwoorde gee.

LU 6.2.12

6. MONDELING

Kom vertel vir jou klasmaats of groeplede van ‘n ramp. Dit kan ‘n ramp uit die verlede wees, of ‘n onlangse ramp waarvan jy in die koerant gelees het of op televisie gesien het. Jy moet ongeveer twee minute praat. Jy kan bronne in die biblioteek raadpleeg of inligting op die internet verkry.

7. SKRIFTELIKE WERK

Hieronder volg ‘n beskrywing van die ramp wat die Titanic getref het. Verdeel in pare en lees dit hardop voor vir mekaar terwyl julle mekaar help met moeiliker woorde.

Op Woensdag 10 April 1912 het die Titanic op sy eerste vaart vertrek. Daar was 2 227 mense aan boord van hierdie uiters luukse skip wat vanaf Southampton na New York vertrek het. Geen geld was te veel om hierdie skip die grootste en luuksste passasierskip te maak nie. Wat hierdie skip nog meer spesiaal gemaak het, was die feit dat dit nooit sou sink nie!

Op die nag van die veertiende April het die Titanic in die donkerte teen ‘n yslike ysberg gebots. Die ysberg het ‘n yslike gat in die skip se boeg geskeur en water het daar ingestroom. Die skip het vinnig begin om water in te neem. Die kaptein het bevel gegee dat die passasiers die skip in die twintig reddingsbote moet verlaat – vrouens en kinders eerste. Daar was egter heeltemal te min reddingsbote en nadat al die reddingsbote te water gelaat is, was daar nog 1 500 mense aan boord.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask