<< Chapter < Page Chapter >> Page >

6.3 Teken nou 'n blok op jou diagram wat vier blokke lank en drie blokke wyd is. Toets jou antwoord vir 6.2.

7. Pappa gebruik 36 vierkantige teëls om die vloer van 'n vierkantige braai-area te teël. Hy begin die teëlwerk deur ses teëls langs mekaar teen die kant van die vloer te sit.

7.1 Hoeveel rye van ses teëls elk sal hy hê wanneer hy klaar is?

7.2 Teken 'n diagram om te wys hoe dit lyk.

8.

  • Kan 'n mens 'n vierkantige geteëlde area met 25 vierkantige teëls maak?

8.2 Teken 'n diagram om te toon hoe dit sou lyk.

9. Pappa gebruik 736 teëls om 'n reghoekige stoep te teël. Daar is 23 teëls oor die breedte van die stoep. Hoeveel teëls is daar oor die lengte van hierdie stoep? Skryf jou berekening en die antwoord neer.

10. Klein 1-vierkantsentimeter-teëltjies wat soos tieroog halfedelstene lyk is gebruik om die werkoppervlak in die kombuis te bedek. Daar is 75 van hierdie teëltjies langs die lengte van hierdie oppervlak, en 54 teëltjies langs die breedte. Hoeveel teëltjies is daar altesaam?

Aktiwiteit 2:

Om getal- en geometriese patrone wat nie tot reekse met konstante verskil of verhouding beperk word nie te ondersoek en uit te brei [LU 2.1]

  1. Kyk na die volgende vorms (wat met eetstokkies of tandestokkies gemaak kan word) en skryf jou antwoorde neer:

1.1

1.2

1.3

1.4

_______________________

Daar is 'n duidelike patroon. Voorspel wat 1.4 sal wees.

Die patroon is so maklik om te herken omdat dit telkens op dieselfde manier verander.

As 'n mens die patroon kan raaksien, spaar dit baie tyd en energie wanneer ons antwoorde moet bereken.

2. Kyk nou weer 'n slag na veelvoude van 9. Ons het al klaar een patroon raakgesien. Het jy dalk 'n ander een ook opgemerk? 9; 18; 27; 36; …..

Tel die syfers wat deur elke veelvoud gelewer word bymekaar:0 + 9 = …; 1 + 8 = …; 2 + 7 = …….; 3 + 6 = …..

Is dit so by al die veelvoude van 9? Probeer nog 'n paar.Om die patroon te ken kan nuttig wees as jy nie seker is van 'n veelvoud nie. Soms raak 'n leerder deurmekaar en is dan onseker of dit 54 of 56 is wat 'n veelvoud van 9 is.Water een is dit? ……….

Johan weet dat iets in die sewentig 'n veelvoud van 9 is.Help hom: Dit is ………-en-sewentig.Al wat Johan moet doen, is om te sê: 7 + …… = 9; die veelvoud is 72.

3. Voltooi die volgende tabel deur die patroon te ontdek en te gebruik:

3.1

Invoer 1 2 3 4 5 6 7 10 13
Uitvoer 7 14 21 28

3.2 Hierdie inligting kan ook in 'n vloeidiagram gegee word. Voltooi nou die volgende vloeidiagram deur weer na 4.1 te kyk:

3.3 Verduidelik wat gedoen is deur dit in woorde uit te skryf: Die invoergetal was

4.

4.1 Voltooi die tabel en verduidelik dan vir jou maats wat gedoen is:

1 2 3 4 7 8 9 10 20 50
7 12 17 22

4.2 Gee dieselfde inligting van 5.1 in 'n vloeidiagram:

4.3 Verduidelik wat gedoen is deur dit in woorde uit te skryf: Die invoergetal was

5.

5.1 Vind nou uit wat die “resep” hiervoor is en voltooi die tabel:

1 2 3 4 5 6 9 11 12 20
3 5 7 9 11
  • Verduidelik wat gedoen is deur dit in woorde uit te skryf: Die invoergetal was

5.3 Vind nou uit wat die “resep” is om hierdie tabel te voltooi:

In 1 2 3 4 5 6 7 10 14
Uit 3 7 11 15

5.4 Verduidelik wat gedoen is deur dit in woorde uit te skryf: Die invoergetal was

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask