<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Planeet aarde en die heelal

Ons eie ster - die son

Opvoeder afdeling

Memorandum

Opdrag 3:

Hubble-ruimteteleskoop : Dit is ‘n instrument wat sterrekundiges in staat stel om heelwat meer van die heelal te sien as met die blote oog. Die Hubble-ruimteteleskoop is die grootste een in die ruimte. Hierdie teleskoop is in 1990 in die VSA gelanseer.

Satelliete : Daar word onderskei tussen natuurlike satelliete en mensgemaakte satelliete. Natuurlike satelliete is hemelliggame wat om ander hemelliggame wentel. Planete is satelliete van die son. Kunsmatige of mensgemaakte satelliete is instrumente wat ontwerp is om ruimte-inligting na die aarde te stuur. Hierdie satelliete word in ‘n wentelbaan om die aarde geplaas. Satelliete neem vasgestelde tye om hulle wentelbane te voltooi.

Robotverkentuie : Robotverkentuie is onbemande ruimtetuie. Dit kan op die maan of ander planete land en dit van naderby bekyk. Ruimtepeilers is robot-ruimtetuie wat om planete wentel om dit te verken, maar hulle land nie op die planete nie.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die eienskappe van die son te ondersoek en konsepte soos konstellasies en ruimteverkenning te verduidelik” [lu 1.2]

  • Die son is ‘n gewone ster in die Melkweg (Aarde se sterrestelsel). Dit is ‘n ontsaglike groot draaiende bol gas met ‘n deursnee van 1,4 miljoen km. Dit is meer as 100 keer groter as die aarde se deursnee. Die son is 150 miljoen km van die aarde en dit duur 8 minute voordat die lig van die son se oppervlakte ons bereik.
  • Die son ontwikkel soveel energie dat sy oppervlak witgloeiend is met ‘n temperatuur van 6 000 grade Celsius. Die energie ontstaan by die middelpunt van die son as gevolg van kernreaksies. Die son skyn reeds ongeveer 4,5 miljard jaar lank. Na nog 5 miljard jaar sal die son se voorraad waterstofgas opgebruik wees.
  • Die son is noodsaaklik vir lewe op Aarde. Dit verskaf feitlik al die energie wat tot ons beskikking is. Selfs die steenkool wat ons verbrand, was oorspronklik lewende woude wat aan die groei gehou is deur energie van die son. Geen lewe op Aarde kan voortbestaan as die son ophou skyn nie.
  • Die heelal is so groot dat sterrekundiges dit in ligjare meet. ’n Ligjaar is die afstand wat lig in een jaar aflê—9,5 miljoen km. Lig beweeg teen 300 000 km per sekonde.

Konstellasies

  • Sterrekundiges het die sterre in konstellasies opgedeel. Die eerste sterrekundige wat die Suiderkruis vanaf Suid-Afrika ondersoek het, was Guy Tachard in 1685. Die konstellasie verskyn op die vlag van Nieu-Seeland en Australië.

  • Die drie sterre in die Orion-gordel lê in ‘n reguit lyn. Dit is seker die konstellasie wat die maklikste in die Suidelike Halfrond uitgeken kan word. Orion is vernoem na ‘n jagter uit die Griekse mitologie. Van die sterre vorm sy swaard.

OPDRAG 3

  • Die teleskoop is ‘n instrument waarmee sterre bestudeer word. Groot teleskope word in spesiale geboue, sterrewagte genoem, opgerig. Ruimteverkenning sou nie moontlik gewees het sonder teleskope, satelliete en ander onbemande ruimtetuie nie.

Skryf ‘n kort paragraaf (6 -10 reëls) oor elkeen van die volgende onbemande ruimtetuie:

  • Hubble-ruimteteleskoop
  • Satelliete
  • Robotverkentuie

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Kriteria vir assessering van paragrawe

Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1
Beplanning, samehang en struktuur: deeglike beplanning; logies en effektief beplanning voldoende; korrekte sinstruktuur weinig bewyse van beplanning; foute in sinstruktuur geen bewys van beplanning nie; vele foute met sinstruktuur
Korrektheid van inligting: inligting korrek; uiters interessant; toon kreatiwiteit inligting korrek weergee inligting nie heeltemal akkuraat nie inligting wemel van feitelike foute
Aanbieding: uiters netjies, ordelik en kreatief aanbieding is ordelik en netjies aanbieding effe deurmekaar; onnet aanbieding geensins gestruktureerd; onnet

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask