<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Asemhalingsoefening

Staan met voete ‘n heupwydte van mekaar, arms slap langs die sye.

  • Asem in deur die neus, terwyl jy jou arms bo jou kop lig.
  • Asem uit deur jou mond, laat sak arms en buig knieë op dieselfde tyd.
  • Herhaal vier keer.

A rmstrek

  • Strek regterarm vorentoe en trek met die linkerhand die arm na jou liggaam toe – herhaal aan die linkerkant.

Armstrek (triceps)

  • Lig jou regterarm reguit op bokant jou kop.
  • Buig jou arm by die elmboog – arm agter jou kop.
  • Trek die regterarm stadig met jou linkerhand na links – hand op jou elmboog.
  • Voel die strek in jou triceps.
  • Hou die strek vir agt tellings.
  • Ruil arms om.

Onderlyfstrek

  • Maak bene oop – knieë effens gebuig.
  • Draai na regs met jou hele liggaam.
  • Buig knieë tot ‘n 90 grade hoek – hou bolyf regop – plaas jou hande op die voorste been.
  • Hou strek vir agt tellings.
  • Maak jou bene reguit – laat sak jou bolyf vorentoe na die voorste been so ver as wat jy kan – plaas jou hande laer by jou been af.
  • Hou strek vir agt tellings.
  • Buig jou voorste been en plaas jou hande op die vloer.
  • Bring jou hele lyf vorentoe af na die vloer toe en maak jou agterste been reguit – voet op die vloer.
  • Lig die voorste deel van die voet van die gebuigde been.
  • Hou strek vir agt tellings.
  • Hou hande op die vloer en neem die voorste been agtertoe langs die agterste been.
  • Hou jou voete bymekaar en buig jou regterknie na die vloer toe.
  • Hou strek vir agt tellings.
  • Buig linkerknie – hou vir agt tellings.
  • Sit jou hakke op die vloer en “loop” met jou hande agtertoe tot by jou voete.
  • Indien jou hande nie die vloer kan raak nie, hou jou bene vas.
  • Hou hierdie dybeen-strek vir agt tellings.
  • Krul stadig op – kop kom laaste op.
  • Skud al die beweegbare liggaamsdele.
  • Buig na jou opvoeder om dankie te sê vir die klas.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
1.1 deelneem aan die choreografie en aanbieding van ‘n kort dans vir ‘n opvoering of kulturele gebeurtenis;1.2 ter voorbereiding van die liggaam, ‘n stel opwarmings- en vaardigheidsopbouende bewegingsreekse akkuraat doen, insluitende liggaamskondisionering en danstegnieke in ‘n bepaalde styl;1.3 gekoördineerd, musikaal, met gehalte, styl, balans en beheer oor ruimte heen in bewegingsreekse beweeg;1.4 werk leer en opvoer, met gepaste styl en bewegingsgehalte, wat deur ander gechoreografeer is uit minstens twee kulture – wat mag insluit:
1.4.1 klassiek / tradisioneel (uit Afrika, Oosters of Westers);
1.4.2 kontemporêr;
1.5 ‘n dans skep, met ‘n duidelike begin, middel en einde, waarin passies of style van meer as een Suid-Afrikaanse dansvorm saamsmelt;
DRAMA
1.6 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine met die klas uitvoer;1.7 deelneem aan ‘n aspek van die beplanning, organisasie, reklame, fondsinsameling of produksie van ‘n dramatiese item wat ‘n gehoor sal hê;
MUSIEK
1.9 die stem en beskikbare slag- of melodiese instrumente gebruik en musiek maak in maatslag;1.10 ‘n musiekuitvoering organiseer en bemark ten opsigte van die beplanning, reklame, fondsinsameling en produksie daarvan;
VISUELE KUNS
1.14 kuns, handwerk of ontwerpstukke skep wat:
1.14.1 idees of begrippe in ‘n visuele vorm weergee;
1.14.2 demonstreer dat die elemente en beginsels van ontwerp met selfvertroue gebruik word;
1.15 ‘n entrepreneursbewustheid van die bemarking van kunsprodukte in terme van die teikenmark, verpakking, plek, prys, reklame, klanteverhoudings en ‘n bewustheid van toerisme ontwikkel;
1.17 eie en groep se kunswerke (insluitend tekens, etikette en byskrifte) vir ‘n openbare aanbieding selekteer, aanbied en monteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask