<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 9

Hedendaagse sake

Module 15

Kinders en vigs in afrika

Kinders in Afrika

AKTIWITEIT 1:

Die leerder is in staat wees om ondersoekvaardighede te gebruik, asook om historiese kennis en begrip te demonstreer deur gebruik te maak van ooreenkomste en verskille: KINDERS IN AFRIKA

[LU 1.1, 1.3, 1.4, 2.3]

  • Bestudeer die onderstaande bronne en beantwoord die vrae daaroor.

BRON A Kommentaar oor Vigs

Indien daar nie nou tot aksie oorgegaan word nie, sal meer mense teen 2010 aan vigs gesterf het as in al die oorloë van die twintigste eeu saam . . .

Rapport , 16 Julie 2000

BRON BNuusoorsig, Mei 2001, Vigs in Afrika

Sowat 12 miljoen kinders in Afrika is wees gelaat as gevolg van Vigs, het die organisasie Christian Aid in 'n verslag in Londen bekend gemaak.

Die Burger , Nuusoorsig, 19 Mei 2001

BRON CVigs-wesies in Suidelike Afrika

Intussen dui konserwatiewe ramings daarop dat Zimbabwe binne ses jaar reeds 600 000 sogenaamde Vigs‑wesies gaan hê. Tehuise vir die weeskinders is reeds vol.

Die Burger , 19 November 1993

BRON DUittreksel uit die Grondwet van Suid-Afrika

HANDVES VAN MENSEREGTE

MENSWAARDIGHEID

Elkeen het inherente (ingebore) waardigheid en die reg dat hulle waardigheid gerespekteer en beskerm word.

KINDERS

Mag nie aangehou word nie, tensy in ‘n uiterste geval, in welke geval ‘n kind bykomend tot die regte wat hy/sy onder afdelings 12 en 35 geniet, vir ‘n gepaste tydperk aangehou mag word.

Moet apart gehou word van aangehoudenes ouer as 18 jaar, en

Moet behandel word op so ‘n wyse, en gehou word in toestande wat die kind se ouderdom in ag neem.

Moet ‘n regspraktisyn hê wat deur die staat aan die kind op staatsonkoste toegewys sal word . . .

Moenie regstreeks in gewapende konflik gebruik word nie, en het die reg om beskerm te word in tye van gewapende konflik.

Het die reg om familie- en of ouerlike versorging te hê of geskikte alternatiewe versorging indien die kind uit die familie-omgewing weggeneem sou word – en het die reg om kommunikasie met ouers, gekose godsdienstige raadgewer en gekose mediese praktisyn te hê.

BRON EKinders wat in Sierra Leone as soldate gebruik word

Gedurende die laaste dekade het die oorlogvoerende partye in Sierra Leone almal van kinders as soldate gebruik gemaak - so jonk as 12 jaar en ouer. Duisende is ook deur die Rewolusionêre Eenheidsfront ontvoer en teen hulle sin in die bosse aangehou om as soldate of slawe-arbeiders gebruik te word. Sommige kinders het tot ses jaar in die bosse gewoon en het ook deel gehad aan afgryslike oorlogsmisdade soos die afsit van gevangenes se ledemate, ens.

A Raffaele Ciriello: Post Cards from Hell (www.ciriello.com)

BRON FSIERRA LEONE-KINDERS: Jonk, Gewapen en Gevaarlik

Freetown-- Sedert die Militêre Junta in Mei die bewind oorgeneem het, het honderde kindersoldate gevlug van die kampe waar hulle gehou is. Dié kinders was daarna terug op straat, en gewapen met AK 47-gewere en granaat-lanseerders. Dit kom algemeen voor dat kinders weer die strate van stede soos Freetown patrolleer. Dit bring hernude vrese dat kinders weer in konflik betrokke kan raak.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask