<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Interpress: 1/7/1997 (http/pangaea.org)

Opdragte

1. Bestudeer al SES bronne. Maak ‘n lys van moontlike ooreenkomste en verskille tussen die onderwerpe wat in hierdie bronne gehanteer word.

2. Bestudeer Bronne A tot C. Wat is die effek van Vigs op kinders in Afrika?

3. Bestudeer Bronne D tot F. Aan watter aspekte van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Bron D) voldoen die gebruik van kindersoldate in Sierra Leone (Bronne E en F) nie?

4. Bestudeer weer Bronne E en F. Dink jy die gebruik van kindersoldate in enige oorlog is geregverdig? Gee redes vir jou antwoord.

Vigs en Afrika

AKTIWITEIT 2:

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik, asook historiese kennis en begrip te demonstreer deur gebruik te maak van ooreenkomste en verskille, oorsaak en gevolg en chronologie: VIGS EN AFRIKA

[LU 1.3, 1.4, 1.5, 2.1, 2.2, 2.3]

BRON A Impak van Vigs vererger hongersnood in Afrika

Impak van Vigs vererger hongersnood in Afrika

Epidemie versprei vinnig in nuwe gebiede in die wêreld,

sê nuwe verslag

Ondanks sukses met voorkoming, is globale optrede steeds onderbefonds

Londen, 26 November 2002 – Die HIV/VIGS epidemie is besig om 'n groterwordende dodelike hongersnood in Suidelike-Afrika aan te blaas, volgens 'n nuwe verslag "VIGS Epidemie Nuwe Inligting 2002". Die nuwe inligting rakende die globale HIV/VIGS epidemie is vandag deur die Gesamentlike VN Program vir HIV/VIGS (UNAIDS) en die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) uitgereik ter viering van Wêreld Vigsdag op 1 Desember 2003.

Volgens hierdie verslag is die hongersnood in Afrika 'n duidelike voorbeeld van hoe die impak van HIV/VIGS ook op ander gebiede 'n rol speel, afgesien van lewensverlies en gesondheidskostes wat tradisioneel met hierdie siekte verbind word. Meer as 14 miljoen mense in Lesotho, Swaziland, Malawi, Mosambiek, Zambië en Zimbabwe staar hongersnood in die gesig. Al hierdie oorwegend landbougemeenskappe sukkel ook met ernstige VIGS epidemies, met meer as 5 miljoen volwassenes uit 'n totaal van 26 miljoen wat reeds met HIV/VIGS leef. Hierdie ses lande het ook 'n totaal van 600 000 kinders onder die ouderdom van 16 met HIV/VIGS.

BRON BThalyta Swanepoel: Vigs: 20 jaar later.

[Daar is reeds] 22 miljoen mense [tot]vandag al weens vigs dood . . . en 36 miljoen [is] MIV‑positief, meer as die helfte van hulle in Afrika suid van die Sahara.

Die Burger , 5 Junie 2001

BRON CVIGS, AFRIKA en HULP.

Dinsdag, 18 Maart 2003

40 Miljoen mense leef wêreldwyd met Vigs, waarvan 30 miljoen in Afrika woon. Hiervan is 58% vroue en 3 miljoen kinders onder 15 jaar. In 2001 het 3,1 miljoen mense aan Vigs gesterf. Meer as 12 miljoen kinders is wees gelaat weens Vigs – teen 2010 sal dit so veel as 30 miljoen wees. Vigs is geïdentifiseer as die primêre oorsaak van Afrika se kroniese voedseltekorte en is die ekonomiese vyand nommer een. As die tendens voortgaan, sal sub-Sahara Afrika teen 2015 'n ekonomiese en sosiale ineenstorting beleef.

Dru Oja Jay: African News

Opdragte

1. Bestudeer Bronne A en B. Noem ten minste drie gevolge wat die Vigsepidemie, veral in Afrika, tot gevolg het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask