<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 8

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 14

Jazz-dans

DANS

In hierdie module word jy aan jazz-dans voorgestel. Dis ‘n opwindende dansstyl wat van tradisionele dans afkomstig is. Jy sal improviseer, skep en bewegings kombineer sodat jy uiteindelik jou dansroetine voor ‘n gehoor kan aanbied. Moenie bang wees nie – jy sal dit nie alleen doen nie! Die hele klas sal betrokke wees, en jul onderwyser sal vir julle leiding gee. Dit gaan ‘n wonderlike, opwindende ervaring wees.

Aktiwiteit 1:

Om die liggaam op te warm voor enige aktiwiteit uitgevoer kan word

[lu 1.1]

Die opwarmingsoefennge sal die risiko van besering verminder en sal dit makliker maak om die danse uit te voer.

Dit sal makliker wees – en ook baie meer pret – as jy die opwarming op die maat van musiek doen. Kies musiek met ‘n tempo wat nie te vinnig is nie.

Voorbereiding:

Staan met voete ‘n heupwydte uitmekaar, voete vorentoe, arms langs die sye.

  • Dit is belangrik om jou liggaamslyn te behou om die spesifieke spiere wat opgewarm word, te isoleer.
  • Korrekte liggaamslyne sal beserings voorkom.
  • Beweeg slegs die liggaamsdele en spiere soos voorgeskryf.
  • Staan met voete ‘n heupwydte uitmekaar, arms langs die sye.
  • Asem in deur die neus terwyl die arms bo die kop gelig word.
  • Asem uit deur die mond. Laat sak die arms en buig die knieë gelyktydig.
  • Herhaal vier keer.

L oop- en armopwarming:

  • Loop op die plek op die maat van die musiek.
  • Buig arms by die elmboë na die liggaam toe en laat sak – hou elmboë af (agt keer).
  • Lig arms vorentoe – skouerhoogte – buig arms by elmboë en maak reguit (agt keer).
  • Lig arms na die kant toe – skouerhoogte – buig by elmboë en maak reguit (agt keer).
  • Lig arms bo die kop – reguit – stoot op en af tot by skouerhoogte (agt keer).
  • Kombineer armoefeninge – herhaal elke oefening agt keer.
  • Herhaal elke oefening vier keer.
  • Herhaal elke oefening twee keer.
  • Hou aan om op een plek te stap terwyl die armoefeninge uitgevoer word.

L oop en beweeg:

  • Loop vorentoe vir vier tellings – lei met jou regterbeen.
  • Loop agtertoe vir vier tellings – kyk vorentoe.
  • Loop na regs vir vier tellings.
  • Draai om en loop na links vir vier tellings.
  • Sit armbewegings by.
  • Herhaal loopoefening agt keer met armbewegings.

S tap terwyl knieë gelig ( knee lifts) en dyspiere opgetrek word dyspierbuiging (hamstr ing curls )

  • Lei regs en stap vorentoe vir drie tellings – lig knie op die telling van vier.
  • Kyk vorentoe, stap agtertoe vir drie tellings – buig knie na agter, terwyl die voet na die boude gelig word op die telling van vier.
  • Herhaal agt keer.
  • Bly op een plek staan en lig die knieë beurtelings agt keer.
  • Stap vorentoe vir vier tellings.
  • Bly op een plek en lig die knieë beurtelings vier keer.
  • Stap agtertoe – kyk vorentoe – vir vier tellings.
  • Doen vier dyspierbuigings – bly op een plek staan.
  • Stap vorentoe vir vier tellings.
  • Doen vier dyspierbuigings – bly op een plek staan.
  • Stap agtertoe – kyk vorentoe – vir vier tellings.
  • Beweeg vorentoe terwyl die knieë beurtelings vir vier tellings gelig word.
  • Beweeg agtertoe – kyk vorentoe – met dyspierbuigings vir vier tellings.
  • Herhaal agt keer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask