<< Chapter < Page Chapter >> Page >

(a) Pemberton het gegeurde stroop by sy medisyne gevoeg.

(b) Niemand het van hierdie drankie gehou nie.

2 x 1 = 2

5. Beantwoord die volgende vrae in volsinne:

(a) Wat het Pemberton voor sy dood gedoen?

(b) Wat het Chandler met die Coca-Cola Maatskappy gedoen?

2 x 1 = 2

6. Voorsien hierdie leesstuk van ‘n opskrif.

Assessering deur opvoeder.

Totaal:
10
LU 3.4.1

2. ‘N LETTERVERS

Weet julle wat ’n lettervers is? Hierdie is ‘n voorbeeld:

Die eerste letters van elke reël vorm dus ‘n woord van bo na onder.

Skryf ‘n lettervers met die volgende woord. (Die reëls kan uit so min as ‘n woord bestaan. Daar is geen vasgestelde of voorgeskrewe reëls vir ‘n lettervers nie).

G

E

W

I

L

D

LU 5.3.3

Lees julle letterverse in julle groepe vir mekaar voor.

3. TOETS JOU AMERIKAANSE KENNIS

Daar is baie produkte behalwe Coke wat hulle ontstaan in die magtigste land ter wêreld, Amerika, gehad het. Hieronder volg ‘n paar leidrade vir ‘n blokkiesraaisel wat oor Amerikaanse handelsmerke handel. Verdeel in julle groepe en help mekaar om hierdie blokkiesraaisel te voltooi.

1. Die grootste vervaardiger van hardeware en sagteware wêreldwyd. (9) 1. Hulle maak rekenaars. (3)
2. Hoender gemaak volgens kolonel Sanders se resep. (8) 2. Die bekendste passasierstralers in die wêreld. (6)
3. Henry het dié motors begin maak en het die eerste een Model T genoem. (4) 3. Almal ken hulle burgers en skyfies. (9)
4. Die skepper van “Micky Mouse” en “Donald Duck”. (6) 4. Dit lyk soos Coke, maar smaak nie heeltemal dieselfde nie. (5)
LU 3.7.5

4. VOEGWOORDE

As jy sinne langer wil maak, verbind jy dit met voegwoorde soos en, want, daarom en omdat.

Kyk hoe die sinne verander as jy hulle met voegwoorde verbind.

Daar is drie groepe voegwoorde in Afrikaans.

Groep 1 Groep 2 Groep 3
enmaarwant daaromdusdan omdatdatterwyl
Die tweede sin verander nie.Daar is ‘n komma voor ..., want en ..., maar. Die werkwoord van die tweede sin staan direk ná die voegwoord. Die werkwoord van die tweede sin spring na die einde van die sin.

A. Verbind nou die volgende sinne met die voegwoorde tussen hakies.

1. Coke is die bekendste koeldrank. Dit is ’n Amerikaanse produk. (en)

2. Coke adverteer hulle produk baie. Mense ken dit. (daarom)

3. Baie mense verkies Coke. Dit is verfrissend. (omdat)

4. Ek drink graag Coke. Ek hou ook van Fanta. (maar)

5. Coke bevat suiker. Dit gee energie. (dus)

6. Dis ‘n feit. Coke is baie gewild. (dat)

7. Ek hou van Coke. Dit les my dors. (want)

8. Coke is die bekendste. Sprite en Fanta word ook al hoe meer gedrink. (terwyl)

B. Vul die ontbrekende voegwoorde in. Kies uit woorde in die blokkie.

Pemberton het medisyne gemaak _________ hy ‘n apteker

was. ___________was Coke nie oorspronklik ‘n koeldrank

nie _________is as medisyne verkoop. Sy personeel het

gedink dit is lekker _________het dit gedrink as hulle dors

was. _________hulle sodawater bygevoeg het, het almal gedink

dis heerlik.

Ruil jou sinne met ‘n maat s’n om en assesseer mekaar se werk onder leiding van julle opvoeder.

LU 6.3.11

5. HOEVEEL MENSE DRINK COKE?

Die verbruik is as volg: Oos- en Sentraal-Europa : 124 miljoen

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask