<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 16

Hoe het coke ontstaan?

Julle het nou gedink, gesels, geskryf oor advertensies en selfs advertensies gemaak. Het jy geweet dat daar elke sekonde van die dag iemand êrens in die wêreld is wat Coca-Cola, ook beter bekend as Coke, drink? Hoekom? Danksy uitstekende advertensie-veldtogte het Coke een van die bekendste produkte in die wêreld geword!

HOE het Coke ontstaan?

1. BEGRIPSTOETS

Luister terwyl julle opvoeder die onderstaande leesstuk hardop voorlees. Daarna kan jy en ‘n maat dit ook hardop vir mekaar voorlees. Help mekaar met die korrekte uitspraak van die woorde.

Coca-Cola is in 1886 deur ‘n apteker, John Styth Pemberton, uitgevind. Pemberton het ‘n apteek in Atlanta, Amerika, gehad waar hy onder andere medisyne, pille en haarkleurmiddels verkoop het.

In 1885 het Pemberton ‘n tonikum gemaak wat hy “Frech Wine Cola” genoem het. ‘n Tonikum is ‘n soort medisyne wat ‘n mens ekstra energie gee. Hy het dit sommer in ‘n driebeenpot in sy agterplaas gemeng en dit ook as ‘n medisyne vir hoofpyn verkoop. Dit was nie lank nie, of sy personeel het hierdie “lekker” medisyne met water verdun en gedrink om hulle dors te les.

Op Saterdag 8 Mei 1880 het Pemberton ‘n beker vol van hierdie medisyne na ’n ander apteek, “Jacobs Pharmacy” toe gevat. Hierdie winkel het ‘n sodapomp gehad wat koolsuurgas by water gevoeg het om sodawater te maak. Hierdie sodawater is dan met gegeurde stroop gemeng vir heerlike verfrissende drankies. Pemberton het sodawater by sy medisyne gevoeg en al die mense in “Jacob’s Pharmacy” het daarvan geproe. Almal het gedink dit was heerlik. Pemberton se boekhouer het voorgestel dat hulle dit Coca-Cola moet noem.

Pemberton het begin om Coca-Cola te verkoop teen 5 sent (Amerikaanse sent) ‘n glas. Pemberton is in 1888 oorlede en het voor sy dood die resep aan ‘n besigheidsman, Asa G. Chandler, verkoop. Chandler het Coke begin adverteer en skielik wou almal Coke drink. Chandler het die Coca-Cola Maatskappy tot ‘n reuse maatskappy opgebou en dis vandag die grootste koeldrankmaatskappy in die wêreld.

Beantwoord nou die volgende vrae:

1. Kies die korrekte antwoorde en onderstreep hulle:

(a) Coke is in (1885, 1886, 1888) uitgevind.

(b) Die uitvinder, John Pemberton, was ‘n (Amerikaner, Engelsman, Fransman).

(c) Hy het ‘n (kafee, haarsalon, apteek) besit waar hy onder andere (koerante, medisyne, lekkers) verkoop het.

4 x 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} = 2

2. Vul die ontbrekende woorde in:

(a) Pemberton het ‘n medisyne gemaak wat ‘n mens ekstra energie gee.

‘n Mens noem hierdie soort medisyne ‘n ________ .

(b) Hy het dit sommer by sy huis in ‘n ____________ gemeng.

(c) ‘n Mens kon hierdie medisyne ook vir _________ drink.

(d) Sy personeel het hierdie medisyne sommer met _____________

gemeng en gedrink as hulle dors was.

4 x 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} = 2

3. Beantwoord die volgende vrae deur slegs die antwoorde te skryf:

(a) Op watter dag van die week het Pemberton ‘n beker vol medisyne na ‘n ander apteek toe gevat?

(b) Wat het hierdie winkel gehad om sodawater te maak?

4 x 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} = 2

4. Die volgende stellings is ONWAAR. Skryf hulle oor sodat hulle WAAR sal wees.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask