<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Telaktiwiteite
  • Herken, beskryf en weergee van syfers 1 tot 9
  • Vergelyking en rangskikking van getalle
  • Gebruik van terme soos meer, minder, ligter, swaarder, korter en langer
  • Probleemoplossing, bv. meer / minder / ewe veel
  • Maak ‘n getal 1 meer, bv. 6 7
  • Aantel, bv. eerste kind tel tot 3; tweede kind tel verder tot 6; ens.
  • Sorteer voorwerpe volgens verskillende eienskappe (bv. al die rooies).
  • Lewensvaardigheid

Leerders wys dat hulle dit wat hulle geleer het, in verskillende situasies in die samelewing kan toepas. Help met uitdagings wat die lewe bied sodat hulle ‘n aktiewe en produktiewe rol in die samelewing kan speel. Deur die bespreking van situasies word probleemoplossingsvaardighede, logiese denke en redenering, asook kritiese en kreatiewe denke ontwikkel.

Voorbeelde van aktiwiteite:

Skep situasies waar hulle hulle volle potensiaal en vaardighede kan ontwikkel om ‘n bydrae in die samelewing te maak, bv. “noodsituasies”, klasbesprekings en dramatiserings

Geleenthede vir entrepreneurskap, bv. die maak van kaartjies vir verkope.

  • EERSTE KWARTAAL RAPPORT

‘n Voorbeeld van ‘n elementêre (opsionele) verslag oor die leerder se vordering in die eerste kwartaal word ingesluit, indien die opvoeder dit wenslik ag om aan die ouers verslag te doen.

MODULERAAMWERK
LEERUITKOMSTE ASSESSERINGSTANDAARDE
GESYFERDHEID(LU 1)GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPEDie leerder kan getalle en hulle verwantskappe herken, beskryf en voorstel en kan in die oplossing van probleme met bekwaamheid en selfvertroue tel, skat, bereken en kontroleer.(LU 2)PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRADie leerder kan patrone en verwantskappe herken, beskryf en voorstel en probleme oplos deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.(LU 5)DATA-HANTERINGDie leerder kan data versamel, opsom, vertoon en krities ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om waarskynlikheid te interpreteer en te bepaal.GELETTERDHEID(LU 1)LUISTERDie leerder kan luister om inligting te verkry en vir genot en kan gepas en krities op ‘n wye reeks situasies reageer . (LU 2)PRAATDie leerder kan met vertroue effektief in die gesproke taal in ‘n wye reeks situasies kommunikeer.(LU 3)LEES EN KYKDie leerder kan lees en kyk vir inligting en genot en krities reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste.(LU4)SKRYFDie leerder kan verskillende soorte feitelike of verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes skryf.(LU 5)DINK EN REDENEERDie leerder kan taal gebruik om te dink en te redeneer en kan toegang verkry tot inligting, dit prosesseer en gebruik om te leer. Dit word bewys as die leerders:1.2 getalname in bekende kontekste sê en gebruik;1.3 die getalname en –simbole vir 1 – 10 ken;1.4 versamelings voorwerpe orden en vergelyk en die woorde ‘meer’, ‘minder’ en ‘gelyk aan’ gebruik.Dit word bewys as die leerders:
  • Fisiese voorwerpe en tekeninge gebruik
om eenvoudige patrone af te teken en uit te brei (bv. deur die gebruik van kleur en vorm).Dit word bewys as die leerders:5.2 fisiese voorwerpe volgens een kenmerk (eienskap) sorteer (bv. rooi vorms).Dit word bewys as die leerders:1.1 aandagtig luister na vrae, instruksies en aankondigings, en gepas reageer;1.4 klankbewustheid ontwikkel:
  • herken dat woorde uit klanke bestaan;
  • onderskei tussen verskillende klanke, veral aan die begin en einde van woorde;
  • mondelinge sinne in afsonderlike woorde verdeel (eers eenlettergrepige woorde gebruik);
  • sommige rymwoorde in algemene rympies en liedjies herken, soos “Wielie Wielie Walie, die aap sit op die balie ...”.
Dit word bewys as die leerders:2.5 vrae stel wanneer hy/sy nie verstaan nie of verdere inligting benodig en duidelik reageer op vrae wat aan hom/haar gestel word;2.8 eie stories vertel en ander se stories in eie woorde oorvertel.Dit word bewys as die leerders: 3.1 visuele leidrade gebruik om betekenis te skep:
  1. prente en foto’s noukeurig bekyk en ondersoek om algemene voorwerpe en ervaringe te herken;
  1. ‘n prent of figuur in die agtergrond identifiseer;
  2. prente en woorde bymekaar pas;
  3. illustrasies gebruik om eenvoudige onderskrifte in storieboeke te verstaan;
3.5 begin om klankbewustheid te ontwikkel:
  1. beginkonsonante en kort vokale herken;
  2. sommige alfabetletters, soos die letter waarmee sy/haar naam begin, herken en benoem;
  3. sommige rymwoorde in algemene rympies en liedjies herken;
  4. begin om alfabetletters in verskeie kontekste te herken en benoem (veral letters uit bekende handelsname en tydskrif- en koerantname).
Dit word bewys as die leerders:4.1 eksperimenteer met skryf:tekeninge skep en gebruik om ‘n boodskap oor te dra en as ‘n vertrekpunt om te skryf;
  1. letters op verskeie maniere vorm (bv. deur hulle liggame te gebruik om die vorms te wys, in die sand te skryf);
  2. verstaan dat skryf en teken verskillend is;
  3. “skryf” en ander vra om die betekenis van dit wat “geskryf” is, te gee;
  4. oor eie tekeninge en “skryfwerk” gesels;
  5. “skryf” vir ‘n doel rolspeel (bv. telefoonboodskap, inkopielys);
  6. bekende letters en simbole (of benaderings daarvan) gebruik om geskrewe taal voor te stel, veral letters in eie naam en syfers in eie ouderdom;
  7. sy/haar eie vormende skryfwerk “lees” wanneer gevra word om dit te doen;
  8. in hulle eie skryfpogings ‘n groeiende bewustheid van rigting toon (bv. begin van links na regs, bo na onder);
  9. geskrewe teks uit die omgewing naboots (soos etikette op op huishoudelike items, advertensies);
  10. pogings aanwend om bekende skryfvorme soos lyste, boodskappe of briewe te skryf deur letters wat hy/sy ken, te gebruik;
  11. skryfinstrumente soos kryte en potlode hanteer.
LEWENSVAARDIGHEDE(LU 2)SOSIALE ONTWIKKELINGDie leerder kan begrip van en ‘n verbintenis tot grondwetlike regte en verantwoordelikhede toon, asook begrip van diverse kulture en godsdienste.(LU 3)PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder kan verworwe lewensvaardighede aanwend om persoonlike potensiaal te verwesenlik en te verbeter ten einde effektief te reageer op die uitdagings in hulle wêreld. Dit word bewys as die leerders:5.2 taal gebruik om te dink en te redeneer:
  1. ooreenkomste en verskille identifiseer en beskryf;
  2. dinge wat saam hoort bymekaar pas en dinge wat verskillend is, vergelyk;
  3. dinge klassifiseer (soos Sit alle speelgoed in houer, boeke op rak, kryt in blik);
  4. dele van ‘n geheel identifiseer.
5.3 taal gebruik om te ondersoek:
  1. vrae vra en verduidelikings soek (bv. hoekom, wat, wie, hoe, waar, wanneer).
  2. verduidelikings gee en oplossings aanbied;
  3. woordraaisels oplos en voltooi.
Dit word bewys as die leerders:1.2 beskryf watter stappe geneem kan word om persoonlike higiëne te verseker;1.4 veiligheid tuis en by die skool verduidelik.Dit word bewys as die leerders:3.1 sy eie naam en adres sê.

Instruksie:

Kind moet luister en daarna instruksie uitvoer.

  • Trek ‘n streep deur die derde en sesde man.
  • Trek ‘n streep deur die tweede en vierde fiets.
  • Trek ‘n streep deur die derde en vierde motor.
  • Trek ‘n streep deur die eerste, derde en vyfde seuntjie.
  • Trek ‘n streep deur die tweede, derde en laaste bus.

Aktiwiteit:

  1. Leerders staan in ‘n ry.
  2. Elkeen sê sy/haar posisie hardop, bv. eerste, tweede, derde, ens.
  3. Gee instruksies, bv. 3de leerder sit, 5de leerder kniel, ens.

Ouditiewe Geheue

Geletterdheid LU : 1.1

Volgorde van gebeure

  • Knip uit en plak die prentjie in die regte volgorde. Vertel die storie.
Geletterdheid LU : 1.3

Auditiewe Diskriminasie

  • Sê die woord en trek ‘n sirkel om die klank wat jy in die middel hoor.
Geletterdheid LU : 1.4

Logiese Denke en Redenasie

  • Trek ‘n streep deur die prentjie wat nie pas nie en sê hoekom dit nie pas nie.
Geletterdheid LU : 5.2

Visuele Geheue

  • Trek ‘n rooi streep deur die prentjie wat jy op die vorige bladsy gesien het.
Geletterdheid LU : 3.1

Ouditiewe Diskriminsie

  • Sê die woord en skryf die klank wat jy in die middel hoor.
Geletterdheid LU : 1.4

Visuele Diskriminasie

Reeks Geheue

  • Kleur die prentjie in die blokkie in, asook die ander prentjie wat dieselfde lyk.
Geletterdheid LU : 5.2

Visuele Diskriminsie

Midlynkruising

  • Verbind die prentjies wat dieselfde lyk.
  • Trek die lyn van links na regs.
Geletterdheid LU : 5.2

PIESANGKOEKIES (24 KINDERS)

Metode:

  1. Elke leerder neem ‘n stukkie piesang en maak dit fyn in mengbakkie.
  2. Elke leerder neem 1 t (blokkie) margarien, 1 t eier-en-melkmengsel, 2 t suiker en 2 t bruismeel.
  3. Meng al die bestanddele saam tot ‘n stywe deeg met die houtlepel.
  4. Elke leerder skep sy/haar mengsel in pannetjie en sit sy/haar naam by.
  5. Bak teen 350º°F vir 10 – 15 minute.

Leerkonsep :

Wetenskap: Bespreek die uitwerking van hitte op die mengsel, naamlik hoe die tekstuur van die taai deeg na ‘n ligte koekie verander.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Graad r 'n leerprogram. OpenStax CNX. Oct 28, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11134/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Graad r 'n leerprogram' conversation and receive update notifications?

Ask