<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Debbie se dagboek

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Die gedig gaan oor verhoudings en gedrag. Die klas luister daarna, lees dit en bespreek die vrae.

Die storie gaan oor Debbie wat besef hoe dankbaar sy behoort te wees omdat sy ‘n gelukkige, onselfsugtige gesin het.

Aktiwiteite soos idiome en lettergrepe is ingesluit en leerders begin ook nou hul skryfwerk beplan. Hiervoor gebruik hul ‘n vloeidiagram.

Die klasprojek om geld in te samel, skep geleentheid vir die integrering van ander leerareas soos Tegnologie en Wiskunde.

  • SKRIF

Hoof- en kleinletters word met die skryf van rympies geoefen.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Die volgende groepe verkleinwoorde word aangeleer: boek – boekie; arm – armpie; toring – torinkie; pop – poppie; roos – rosie.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees vlot en met gevoel.

Debbie se dagboek – dag 2

Wat het ek vandag geleer? Iets baie belangrik! ‘n Lewensles!

Dit is wat gebeur het.

Ek het vanoggend wakker geword en toe onthou ek daar gaan ‘n koekverkoping by die skool gehou word. Ek moes vir Mams al gister daarvan vertel het, maar dit het my heeltemal ontgaan.

Toe ek haar vra vir geld om iets by die koekverkoping te koop, het sy net genoeg geld vir haar buskaartjie in haar beursie gehad. Sy het my herinner dat ek haar vroeër moes gesê het dan sou sy seker gemaak het dat sy genoeg geld by haar gehad het.

Nietemin, sy was so gaaf om te sê ek kon die geld uit haar beursie neem en sy sal na Tant Nellie stap om ‘n geleentheid saam met haar te vra.

Sy was so tegemoetkomend, al moes sy ‘n hele ent na Tant Nellie toe stap!

Sy was so onselfsugtig en het net aan my behoeftes gedink.

Dankie, Mams, ek is lief vir Mams!

LU 3.3
  • Verdeel in groepies van vier of vyf.
  • Bespreek die volgende vrae en stellings met mekaar.
  • Vertel vir die klas waaroor julle gesels het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask