<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 6

Pneumaties en hidroulies: laat wind en water werk

Module 17

Bou ‘n poppekas

Probleemsituasie

Die kinderpasiënte van die Moreson Kinderhospitaal voel baie bedruk. Dit is nie net omdat hulle pyn het a.g.v. siekte nie, maar niemand kom besoek hulle om hul dag op te vrolik nie, omdat hulle families almal ver bly. Die dokters en verpleegsters het hierdie behoefte raakgesien en het besluit om vir hulle ‘n poppekas te bou om hul dag meer op te vrolik en hulle te laat lag.

Ontwerpvoorstel

Gebruik jou kennis van pneumatiese en hidrouliese stelsels en ontwerp en maak ‘n karakter met ‘n verrassingselement wat hulle in die poppekas kan gebruik om die pasiënte se dag op te helder.

ONDERSOEK

opdrag 1:

Om die situasie te analiseer

LU/AS 1.3

a) Identifiseer die woorde wat jy nie verstaan nie. Bespreek dit met jou opvoeder.

b) Skryf die situasie kortliks in jou eie woorde oor.

opdrag 2:

Skryf ‘n ontwerpvoorstel neer deur die volgende sin te voltooi

LU/AS 1.3

(Die ontwerpvoorstel is die moontlike oplossing vir die probleem)

Ek gaan ‘n___________ (produk /wat) vir______________

(gebruiker/wie) ontwerp en maak dat dit deur middel van ‘n_______(hoe)

stelsel werk sodat dit ‘n ________ het wat ‘n bedrukte persoon sal laat

______________s dit in die poppekas gebruik word. (Funksie daarvan)

opdrag 3:

Navorsing

LU/AS 1.3

Ons het reeds in hierdie module kennis gemaak met hoe pneumatiese en hidrouliese stelsels werk. Indien jy lus het, kan jy nog verder gaan navorsing doen. Skryf enige interessante inligting hieronder neer. Dui ook die bron aan wat jy geraadpleeg het.

Bron:

opdrag 4:

Doen ‘n dinkskrumaktiwiteit om alle moontlike oplossings vir die probleem te oorweeg

LU/AS 1.3

Ontwerp en maak:

Beperkings: (Die reëls wat gevolg moet word)

  1. Die materiaal wat jy moet gebruik, is twee of drie spuite , ‘n plastiekbuis en ‘n T- aansluiting (indien benodig) vir die pneumatiese of hidrouliese stelsel.
  2. Die pneumatiese/hidrouliese stelsel mag nie vir die gehoor sigbaar wees nie.
  3. Die karakter met sy bewegende deel/dele moet uit dik karton wees en regop gehou word deur ‘n ronde stokkie. Deur die spuit te stoot of te trek sal die gewenste beweging in die ander spuit veroorsaak word wat die bewegende deel sy verlangde reaksie sal laat toon. Die bewegende deel mag met ‘n klinknael/s aan die statiese deel geheg wees.
  4. Die voltooide artikel mag nie groter as ‘n A3-bladsy wees nie.
  5. Dit moet binne 2 ure voltooi wees.
  6. Dit moet veilig wees, want ‘n kind moet dit ook kan gebruik.
  7. Die voorkoms moet aantreklik en kreatief wees.

opdrag 5:

Besluit watter van jou oplossings by Opdrag 4 jy verder wil ontwikkel deur jou oplossing te omkring

LU/AS 1.3

opdrag 6:

Teken vryhandsketse van die vooraansig en agteraansig van jou gekose ontwerp

LU/AS 1.3

  • Kleur die vooraansig in soos die finale produk moet wees en dui ook volledig die werklike afmetings en ander inligting daarop aan.

Vooraansig

Agteraansig

REALISERING

opdrag 7:

LU/AS 1.3

Watter materiale gaan jy gebruik?

opdrag 8:

LU/AS 1.3

Watter gereedskap gaan jy gebruik?

opdrag 9:

Skryf die werkstappe wat jy gaan volg neer onder die volgende hofies: (Gebruik slegs een werkwoord per sin en skryf duidelik)

LU/AS 1.3
  • Meet
  • Vorm
  • Heg

opdrag 10:

Maak nou jou artikel

LU/AS 1.3

Evalueer

opdrag 11:

Gebruik jou eie verbeelding en skryf ‘n kort drama/alleenspraak wat jy met jou model kan opvoer. Gaan vermaak ‘n paar kinderpasiënte in jul plaaslike hospitaal met jul toneelstukkies en maak so ‘n klomp kinderharte bly

LU/AS 1.12

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
Ondersoek:
1.3 voer, waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uit oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik;
1.12 maak gepaste sketse (bv. tweedimensionele sketse van idees met byskrifte, uitgebreide tekeninge van finale oplossing en tekeninge met afmetings) om verskillende inligting gepas en doeltreffend te kommunikeer.

Memorandum

Opdrag 1

  1. Soos van toepassing op elke leerder.
  2. Daar moet eers iets gemaak word vir ‘n poppekas om die kinderpasiënte in ‘n hospitaal beter te laat voel(soortgelyke antwoorde).

Opdrag 2

  • marionette
  • Kinderpasiënte
  • pneumatiese/hidrouliese (soortgelyke antwoord)
  • verrassingsfunksie
  • beter voel/lag

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11004/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask