<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

Goeie gesondheid en sosiale ontwikkeling

Module 23

Om ‘n omgewingsgesondheidsprogram te beplan

Aktiwiteit 1:

Om ‘n omgewingsgesondheidsprogram te beplan en maniere waarop dit binne jou gemeenskap geïmplementeer kan word [LU 1.2]

Voorbereiding:

Almal bring streeks- of dorpskoerante skool toe en knip al die artikels uit wat betrekking het op die omgewing en gesondheid. Dit sal byvoorbeeld handel oor die besoedeling van die plaaslike rivier, die lugbesoedeling a.g.v. ‘n steenkoolmyn naby julle dorp, ens.

Stap 1

Bespreek kortliks in klasverband die berigte of artikels en klassifiseer elk deur met ‘n rooipen bo-aan die artikel te skryf: bv. Lugbesoedeling.

Stap 2

Elkeen skryf nou anoniem die risiko-area wat jy as die ernstigste beskou, op ‘n stukkie papier en gooi dit in ‘n sakkie. Al die papiertjies word uitgekeer en die soorte bymekaar gesit en dan getel. Die saak wat op meeste papiertjies voorkom, is die saak wat bespreek sal word.

Stap 3

Soek al die berigte uit wat oor die betrokke saak handel. Afhangend van die hoeveelheid artikels wat oor die onderwerp handel, word almal in groepe verdeel en elke groep kry verkieslik twee of meer artikels.

Stap 4

Lees die artikel noukeurig deur en vul dan die onderstaande vraelys in:

Van watter soort omgewingsbedreiging word hier gepraat?

Wie is die “skuldige” in die saak?

Wie word die meeste benadeel?

Hoe lank duur die probleem reeds?

Veroorsaak dit enige sekondêre bedreigings of besoedeling?

Is daar enige poging van die “skuldige” party om die probleem op te los?

Is daar ‘n persoon of groep persone wat probeer optree teen die saak?

Op watter manier/e toon hulle hul ontevredenheid?

Stap 5

Groepe gee terugvoer t.o.v. al die vrae by monde van jul groepleier.

Stap 6

Die klas, saam met die opvoeder, bespreek die saak en bespreek moontlikhede waarop hulle as Graad 9-klas ‘n positiewe inset kan lewer om te probeer om die situasie te verbeter, op te los of ten minste onder ander mense se aandag te bring. Hier kan ‘n mens dink aan aktiewe, fisiese betrokkenheid, bv. om ‘n vuil rivier skoon te maak, ‘n brief te skryf aan die plaaslike koerant, ‘n petisie aan die dorpsraad of munisipaliteit te stuur, ‘n fondsinsameling te hou om rondloperhonde in te ent teen hondsdolheid. Die klas kan ook op meer as een manier optree om die probleem te hanteer.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
GESONDHEIDS-BEVORDERING Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.1 die invloed van ekologiese, sosiale, ekonomiese, kulturele en politieke faktore op eie persoonlike keuse van dieet illustreer en evalueer;
1.2 ‘n omgewingsgesondheidsprogram ontwikkel en implementeer;
1.4 hulpbronne oor gesondheidsinligting, gesondheidsdienste en ‘n verskeidenheid moontlikhede vir behandeling, insluitend MIV/VIGS, krities evalueer;
1.5 maniere bespreek om insigte toe te pas wat as gevolg van deelname aan ‘n aktiwiteit met betrekking tot nasionale gesondheids- of ‘n veiligheidsbevorderingsprogram verwerf is.
LU 2
Sosiale OntwikkelingDie leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
2.1 vraagstukke met betrekking tot burgerregte en persoonlike keuses debatteer;
2.2 verslag doen oor deelname aan of die beplanning van die plaaslike viering van ‘n nasionale dag;
2.3 sosiale verhoudings in ‘n verskeidenheid situasies krities bespreek;
2.4 sake rakende diversiteit in Suid-Afrika en die aanmoediging van interkulturele begrip krities ondersoek;
2.5 oor verskeie gelowe se bydraes tot die bevordering van vrede nadink en bespreek.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask