<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Meting en tyd

Oppervlakte

Opvoeders afdeling

Memorandum

2. A: 4 cm × 3 cm = 12 cm²

B: 6 cm × 2 cm = 12 cm²

4. ± 17 m²

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om oppervlakte te bereken deur te ondersoek en te skat [lu 4.8.2]

1. Trek die volgende figuur oor en knip op die stippellyne uit. Gebruik nou die 9 papiervorms om verskillende figure met dieselfde oppervlakte te bou. (Jy moet dus elke keer al die stukkies gebruik.)

2. Meet en bereken die oppervlakke van fig. A en fig. B:

A: __________________________________

B: __________________________________

Ø Wat sien jy? Kan jy dit verklaar?

3. Dieselfde gebeur in die volgende geval. Trek die figure netjies oor en knip hulle uit. Bou dit soos in die figure aangedui en bereken dan die oppervlakte.

4. KOPKRAPPER!

Die Marais’s het ’n nuwe swembad gebou. Nou moet daar ’n veiligheidsnet oorgesit word. Wat is die totale oppervlakte van water wat bedek moet word? (Elke blokkie is 1 m 2 .)

TYD VIR SELFASSESSERING

Dit is belangrik dat jy die voorafgaande werk sal verstaan en die nodige berekeninge moet kan doen. Kyk goed na die kriteria en beoordeel jouself deur ‘n regmerkie in die toepaslike kolom te maak.

KRITERIA Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Ek ken die eenheid vir oppervlakte. (LU 4.8) _______ _______ _______ _______
Ek kan ‘n formule vir die berekening van die oppervlakte van ‘n vierkant neerskryf. (LU 4.8) _______ _______ _______ _______
Ek kan die formule vir die berekening van die oppervlakte van ‘n reghoek neerskryf. (LU 4.8) _______ _______ _______ _______
Ek kan die oppervlakte van ‘n onreëlmatige figuur bepaal. (LU 4.8) _______ _______ _______ _______

Assessering

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder by benadering ondersoek en bepaal (alleen en/of as ‘n lid van ‘n groep of span):

4.8.2: oppervlakte van veelhoeke (m.b.v. vierkantroosters) ten einde reëls vir die berekening van oppervlakte van vierkante en reghoeke te ontwikkel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask