<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 20

Drama: kreatiewe fantasie

Kreatiewe fantasie

Aktiwiteit 1

Om nabetragting te doen oor eie bydrae tot drama [lu 2.2]

  • Ons wil hê dat jy moet terugdink aan die “Mimiek”-aktiwiteit van verlede kwartaal. Onthou jy dit? Goed! Volg jou opvoeder se riglyne en geniet die volgende aktiwiteit.

Oefening 1: Klasbespreking

Bespreek die volgende aspekte met jou opvoeder en die klas:

  • jou voorbereiding vir die vorige aktiwiteit;
  • jou eerste indrukke toe jy die aktiwiteit gedoen het;
  • het jy van die oefening gehou?
  • wat jy verstaan het onder mimiek ;
  • of dit die moeite werd was om te doen.

Oefening 2: Die Vraelys

Voltooi die vraelys

1. Het jy daarvan gehou om “mimiek” te doen? Waarom? Waarom nie?

2. Het jy dit moeilik gevind om nie te praat gedurende die oefening nie? Waarom? Waarom nie?

3. Het jy dit geniet om die ander leerders se mimiek-opvoerings te sien? Waarom? Waarom nie?

4. Het jy dit geniet om saam met die ander leerders aan die tonele te werk, of sou jy jou mimiek eerder alleen wou opvoer? Waarom? Waarom nie?

5. Dink jy jy sou die “wen mimiek” beter kon gedoen het as verlede kwartaal? Hoe?

Oefening 3: Groep-nabetragting

  • Verdeel in groepe van 5-8 leerders.
  • Kies ‘n groepkaptein.
  • Neem tyd en doen nabetragting oor die volgende:
  • die klasbespreking;
  • die vraelys;
  • die “Kreatiewe Fantasie”-aktiwiteit.
  • Bespreek die “wen mimiek” van die vorige kwartaal. Gee idees hoe jy nou, met jou agtergrondskennis en ondervinding, die mimiek sou verbeter.
  • Elke groepkaptein sal die geleentheid gegee word om terugvoering te gee oor die groepe se besprekings.

Assessering

LEERUITKOMS 2: REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.2 eenvoudige dramaterminologie gebruik om op klaskamerdrama te reageer, na eie bydrae tot drama te verwys en na die kommentaar en idees van ander te luister.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask