<< Chapter < Page Chapter >> Page >

LU 3.4

In die vorige module is die aa, ee en oo klanke aangeleer. In hierdie module hersien ons bogenoemde klanke en leer ook die uu en oe klanke aan. Agterin hierdie module is weer klankekaartjies wat die leerders kan uitknip om woorde mee te bou. Laat hulle hierdie kaartjies gereeld uithaal en daarmee woorde bou. (Dit is verkieslik dat die kaartjies op karton gekopieer word.)

LU 6.1

Leer die volgende woorde vir die leerders aan: sport, visvang, rugby, krieket, netbal, hokkie, sokker. Onthou om hierdie, asook woorde uit vorige modules, gereeld vir die leerders te flits.

LU 3.4

Koerantaktiwiteite:

Versamel ‘n aantal koerante en deel die klas in groepe van vier tot vyf leerders. Laat hulle die aktiwiteit op die volgende bladsy voltooi.

Gebruik ook die koerante om leerders aktiwiteite soos die volgende te laat doen.

  • Knip letters uit die koerant om die lede in julle groepe se name mee te bou.
  • Soek ‘n prent in die koerant van iemand wat gelukkig is.
  • Soek ‘n prent in die koerant van iemand wat hartseer is.
  • Knip vier woorde uit die koerant wat die lede in jou groep kan lees.
  • Knip drie woorde uit die koerant en gebruik dit om drie verskillende sinne te skryf.
  • Soek ‘n woord in die koerant wat met “b” begin.
  • Soek ‘n woord in die koerant met die “aa” klankie in.

LU 5.3

Leerders begin nou in dun lyntjies skryf. Sorg dat hulle gereeld oefening kry hierin. Stories word egter nog steeds op skoon papier, sonder lyne, geskryf. Laat hulle die aktiwiteit op bladsy 5 doen. Daar is oop lyntjies waarin hulle ook ander letters, syfers en sinne kan oefen.

Leerders afdeling

Inhoud

Willie waps gaan visvang

Willie Waps staan gereed met sy rugsakkie op sy rug. Dit is ‘n pragtige dag in die bos en hy gaan visvang! Sy pappa het sy visstok vir hom gemaak toe hy nog baie klein was en hy is baie lief daarvoor. Dit is ‘n baie netjiese visstokkie en Willie het al drie groot visse en ag kleintjies daarmee gevang.

Willie se pappa het hom leer visvang. Hy was sommer nog klein toe sy pappa hom vir die eerste keer saamgeneem het. Daar langs die stroom het sy pappa vir hom geleer hoe ‘n mens ‘n visstok vashou, en van die aas wat jy aan jou hoek moet sit en die visse wat wurmpies en goggatjies eet. Sy pappa het ook vir hom geleer dat ‘n mens nooit meer moet vang as wat jy gaan nodig hê nie, anders is daar later geen visse in die bos oor nie. Elke keer wanneer Willie op sy eie gaan visvang, onthou hy weer al hierdie belangrike dinge wat sy pappa hom oor visvang geleer het.

Met Makkie op sy skouer loop Willie in die rigting van die stroompie by die groot boom. Vandag gaan hy darem vir jou lekker visvang! In sy rugsakkie het hy ‘n blikkie met aas vir die visse en ‘n botteltjie koeldrank vir wanneer hy dors word. (Makkie sal sommer uit die stroompie water drink, want akkedisse hou nie baie van koeldrank nie.)

By die stroompie gekom, stap Willie stadiger en Makkie loer versigtig oor sy skouer. Hulle wil nie die visse skrikmaak nie - anders vang hulle dalk niks! Willie gaan sit op ‘n mooi ronde klip en begin solank die aas aan sy hoek sit. Daarna gooi hy die lyn in die water en sit terug. Nou moet die visse byt!

Die van julle wat al gaan visvang het, sal seker weet dat mens soms lank sit sonder dat enige visse aan jou aas kom proe. Willie en Makkie is later skoon moeg! Visvang is nie lekker as ‘n mens nie ‘n vis vang nie! Gelukkig kom Vollie later daar verby gestap - hy grawe in die bos vir bolle en knolle om te eet. Toe hy vir Willie en Makkie sien, onderbreek hy eers sy soektog na kos en kom sit by hulle en gesels. Hulle gesels so lekker oor die bos en die nuwe paadjies wat Vollie gesien het en die nuwe plekkies waar hulle nog altwee wil gaan loop, dat Willie skoon vergeet van die visse wat hy wil vang. Skielik is daar ‘n harde pluk aan die lyn! Willie en Makkie wip soos hulle skrik en Vollie dans al in die ronde van opgewondenheid! Wat het Willie gevang?

  • Makkie en Vollie was so opgewonde, dat hulle ‘n liedjie gesing het. Kan jy saamsing?

Ons staan nog so by die stroom,

ons het nog gestaan en droom.

Skielik byt iets aan die hoek,

nou moet ons die vis gaan soek!

Willie moet nou swoeg en sweet

as hy vanaand die vis wil eet.

Visvang is mos harde werk,

jy word sommer baie sterk!

Ons is sommer baie bly!

Willie gaan ‘n groot vis kry!

Sing nou almal, sing nou saam.

Sing vir Willie, roep sy naam!

LU 3.4
  • Soek ‘n prent in die koerant wat by die woord pas.
Krieket sokker
Rugby tennis
LU 3.4
LU 4.1
  • Omkring al die woorde wat jy kan sien

vangkrltsviskjhgnyrthshuis

mbisngtreinklmbndhonder

klfhrtdstertkhjopmsboomky

gnhjkonsgfhrbessieskkplks

grtvierjhkglpwaterkhmnkas

LU 6.2

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Leeruitkomste 4: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask