<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 7

Stelsels en beheer: elektrisiteit

Module 15

Om ‘n alarmstelsel te ontwerp en te maak

Opdrag 1:

Om ‘n alarmstelsel te ontwerp en te maak

LU/AS 1.1 – 1.2/1.5 – 1.9
LU/AS 1.10/1.12 – 1.13

Ontwerp en maak ‘n alarmstelsel met twee uitsette (‘n lig en ‘n gonser) wat by die deur van ‘n vertrek en in die vertrek geïnstalleer kan word. Hierdie toestel moet die mense in die vertrek kan inlig as iemand anders die vertrek deur die deur wil binnekom deur ‘n lig- en klanksein af te gee.

Situasie:

Die deur van die Tegnologie-klas is deur middel van ‘n lang gang met die lokaal verbind. Dit is somtyds baie moeilik vir die leerkrag om te hoor as iemand aan die deur klop. Dit veroorsaak dat die persoon moet skree of aan die deur moet hamer. Die leerkrag verkies dat die deur toe gehou word omdat leerders wat die klas stilletjies binnekom, soms met apparaat of ander leerders se produkte peuter.

Ondersoek:

Analiseer

Skryf die probleem in jou eie woorde neer.

Navorsing:

Maak ‘n lys van bestaande produkte en moontlike oplossings. Plak prente van produkte en verskaf ook hul pryse.

Modelwerk:

Ondersoek verskillende soorte skakelaars en maak modelle van verskillende tipes wat aangewend kan word om die probleem op te los.

Ontwerp:

Ontwerpvoorstel (Wie? Wat? Waar? Wanneer? In staat wees om. . .)

Spesifikasie en voorskrifte

  • Vir wie word die produk gemaak? (ouderdom, toegang)
  • Wat is die doel van die produk?
  • Hoe sal dit lyk?
  • Watter invloed sal dit op die omgewing hê?
  • Wat sal die koste van die materiaal en gereedskap wees?
  • Afstand tussen inset en uitset?

Aanvanklike ontwerpe / oplossings

Finale keuse met redes

Finale ontwerp (ontwikkel ontwerp en oplossing finaal)

Vervaardiging:

Maak ‘n lys van alles (materiale en gereedskap) wat jy benodig. Voeg ook die hoeveelhede en afmetings by. (LU 7.1.3.1)

Benodigdhede Hoeveelhede / afmetings

Voltooi ‘n eenvoudige vloeidiagram om die verskillende stappe in die maak van jou produk te verduidelik. (LU 7.1.3.1)

Teken ‘n eenvoudige werktekening van jou finale produk. Gebruik kleur, inskaduwing, dik en dun lyne en skaduwing.

Evaluering

Produk

  • Voldoen die produk aan die ontwerpvoorstel? Verduidelik.
  • Voldoen die produk aan al die beperkings en voorskrifte?
  • Maak enige voorstelle hoe jy jou finale produk kon verbeter het.

Proses

  • Hoe goed korreleer die werklike maak van jou produk met jou beskrywing?
  • Skryf enige voorstelle neer om jou proses (plan van aksie) te kan verbeter.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek :
1.2 bestaande produkte ondersoek wat toepaslik is vir ‘n probleem, situasie of behoefte gebaseer op die volgende kernaspekte van ontwerp:1.2.1 mense;1.2.2 doel;1.2.3 voorkoms;1.2.4 omgewing;1.2.5 veiligheid;1.2.6 koste;
1.3 ondersoek uitvoer deur middel van eenvoudige praktiese toetse met betrekking tot aspekte van die tegnologiese kennisvelde (Strukture, Verwerking, Stelsels en Beheer);
1.4 tydens ondersoeke ‘n strategie beplan vir die versameling van data en inligting wat die volgende insluit:1.4.1 identifiseer soorte tegnologie en metodes;1.4.2 oorweeg die bron, hulpbronne en kopieregwette;1.4.3 gebruik soektegnieke;1.4.4 verkry toepaslike data vir spesifieke doeleindes;1.4.5 maak sinvolle opsommings;
ontwerp :
1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid;
1.7 minstens twee alternatiewe oplossings genereer en die idees annoteer;
1.8 moontlike oplossings kies, sinvolle redes vir keuse gee en ‘n gekose idee deur middel van grafika of modelleringstegnieke ontwikkel;
maak :
1.9 ‘n plan ontwikkel vir die maak van ‘n produk, met besonderhede oor al die volgende:
  • hulpbronne en hulpmiddels wat nodig is (bv. lyste materiaal, gereedskap, mense, koste);
  • sketse wat die nodige afmetings of hoeveelhede toon;
  • al die stappe wat nodig is vir die maak van die produk;
1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies en gebruik om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesifikasies en beperkings verband hou, en verbeteringe of wysigings voorstel;
1.13 die doeltreffendheid van die plan van aksie wat gevolg is evalueer en voorstel hoe toekomstige planne verbeter kan word.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask