<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Meting en tyd

Lengte

Opvoeders afdeling

Memorandum

1. Susan = 3,48

Lala = 3,4

Lauren = 3,2

Anna = 3,12

2. Susan: (2,32 + 3,48 + 3,02 + 2,9) ÷ 4 = 2,93 (2,9 m)

Lala: (3,2 + 3,04 + 2,86 + 3,4) ÷ 4 = 3,125 (3,1 m)

Lauren: (2,88 + 2,96 + 3,06 + 3,2) ÷ 4 = 3,025 (3 m)

Anna: (3,02 + 2,94 + 2,84 + 3,12) ÷ 4 = 2,98 (3 m)

3. (12,95 km + 14,73 km + 8,94 km + 13,8 km + 6,86 km) ÷ 5

= 11,456 km (11,5 km)

4. 11,5 km

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om probleme in konteks op te los [lu 1.6.2]

Dit is belangrik dat ons gemiddeldes moet kan uitwerk, omdat ons dit baie in die alledaagse lewe gebruik. Dink maar aan die gemiddelde reënval per maand, die gemiddelde temperatuur vir jul dorp in ‘n sekere seisoen, jul klasgemiddeld, ens.

1. Kyk goed na die volgende en skryf dan die beste sprong van elke atleet neer:

By ‘n atletiekbyeenkoms het vier atlete aan die verspring vir dogters 0/13 deelgeneem. Elkeen het vier spronge voltooi.

Naam Sprong 1 m Sprong 2 m Sprong 3 m Sprong 4 m Beste Sprong m
Susan 2,32 3,48 3,02 2,9 ____________
Lala 3,2 3,04 2,86 3,4 ____________
Lauren 2,88 2,96 3,06 3,2 ____________
Anna 3,02 2,94 2,84 3,12 ____________
  • Deur na elkeen se beste sprong te kyk, kan ons vasstel wie gewen het.
  • Dit sê egter nie vir ons wie oor die algemeen (oor alvier spronge) die beste gevaar het nie.
  • Om dit te kan bepaal moet ons kyk na die gemiddelde van elkeen se spronge.
  • Hier volg die formule vir die berekening van die gemiddelde:

Gemiddelde afstand

In Susan se geval sal dit soos volg bereken word:

= 2,93 m (afgerond tot eerste desimaal: 2,9 m )

2. Gebruik nou hierdie formule en bepaal, volgens die vier atlete se gemiddeldes, wie oor die algemeen die beste gevaar het in die verspring vir 0/13-dogters (afgerond tot die eerste desimaal).

_____________________________________________________________________

3. Bereken die gemiddelde afstand wat Johan per dag draf, indien hy van Maandag tot Vrydag die volgende afstande geoefen het:

Ma. 12,95 km; Di. 14,73 km; Wo. 8,94 km; Do. 13,8 km; Vry. 6,86 km.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. Rond jou antwoord af tot die eerste desimaal.

_____________________________________________________________________

TYD VIR SELFASSESSERING

In Leereenheid 1 het ons deeglik na sekere aspekte van meting gekyk. Voordat ons met Leereenheid 2 kan begin, moet ons eers weet of daar sekere haakplekke is, met ander woorde of daar iets is wat jy nog steeds nie verstaan nie. Wys vir ons hoe jy voel oor die werk wat afgehandel is deur die gesiggie wat waar is van jou, netjies in te kleur.

KRITERIA

Ek weet wat omtrek beteken. Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Ek kan ‘n formule vir die omtrek van ‘n reghoek neerskryf. (LU 4.58) Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Ek kan die omtrek van die volgende figure bepaal: Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Vierkant (LU 4.8) Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Pentagoon (LU 4.8) Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Heksagoon (LU 4.8) Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Oktogoon (LU 4.8) Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Ek kan die omtrek van ‘n onreëlmatige figuur bepaal. (LU 4.8) Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Ek kan meter na millimeter herlei en andersom. (LU 4.5) Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Ek kan meter na sentimeter herlei en andersom. (LU 4.5) Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Ek kan kilometer na meter herlei en andersom. (LU 4.5) Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Ek kan afstande volgens skaal bepaal. (LU 1.6) Glad nie Redelik Goed Uitstekend
Ek kan die gemiddelde afstand bereken. (LU 1.6) Glad nie Redelik Goed Uitstekend

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos in konteks, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder soos:

1.6.2: meting in konteks van Natuurwetenskappe en Tegnologie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask