<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Hulpbronne

Module 21

Hulpbronne en rykdom

  • Navorsing het bewys dat Gauteng die rykste provinsie in Suid-Afrika is, met Kwazulu-Natal in die tweede plek. Die Wes-Kaap lê derde. Die rykdom van ‘n dorp/provinsie/land word gemeet aan die bedrag geld wat al die fabrieke, myne en sakeondernemings saam verdien as hul produkte verkoop word. As ons weer na die kaart op bl. 7 kyk wat die verspreiding van minerale in Suid-Afrika aandui, is dit maklik om te verstaan waarom Gauteng en Kwazulu-Natal eerste en tweede lê. Byna al die minerale rykdom van ons land is in hierdie twee provinsies gekonsentreer.

As die Wes-Kaap dan nie rykdom in minerale het nie, wat het hy dan?

Waarin lê sy rykdom?

  1. Weens die vrugbare grond en die bestendige winterreënval, is die landbou die grootste enkele bron van inkomste vir die provinsie.
  2. In talle fabrieke verwerk mense natuurlike hulpbronne uit die omgewing, uit ander provinsies en van die buiteland afkomstig.
  3. Nog ‘n groot verdiener van geld is toerisme . Dit is die strande, die natuurskoon en die kulturele skatte van Kaapstad en omgewing wat Suid-Afrikaanse sowel as buitelandse toeriste na die Wes-Kaap lok.
  4. Om die Wes-Kaap se hulpbronne te benut, is mense nodig, en omdat 94% van die Wes-Kaap se mense geletterd is, kan hulle makliker opgelei word om nuwe werk te doen. (92% van Gauteng se mense is geletterd, en 72% van die Oos-Kaap s’n.) Die Wes-Kaap se goed opgeleide mense is dus ‘n vierde belangrike hulpbron.

‘n Land word op sy beste bevoordeel as sy produkte na ander lande uitgevoer kan word. Die meeste landbouprodukte, veral vrugte en verwerkte vrugte, word uitgevoer, en so ook baie ander soorte produkte wat in fabrieke vervaardig word.

Baie toeriste kom ook uit die buiteland. ‘n Mens kan amper sê die Wes-Kaap se “natuurskoon word uitgevoer”.

AKTIWITEIT 1

OM MY DORP/STREEK AS 'N TOERISTE-AANTREKLIKHEID TE BEMARK

[LU 1.7]

Versamel pamflette, berigte en foto’s van interessanthede in jou omgewing.

Gaan doen navorsing oor jou dorp of area se toeriste-aantreklikhede en skryf ‘n kort inligtingstuk daaroor wat aan voornemende besoekers en toeriste gegee kan word.

Teken ‘n eenvoudige sketskaart van die roete wat gevolg moet word om by hierdie aantreklikhede in jou dorp uit te kom. (Onthou wat jy in kaartwerk geleer het. Pas daardie kennis ook hier toe.)

Groepwerk

Wat kan gedoen word om toerisme in julle dorp of area te bevorder? Probeer om minstens drie voorstelle te maak.

Die Wes-Kaap se 10 belangrikste uitvoerbedrywe (jaar 2000)

(R miljoen) Persentasie
Vars vrugte 2 240 15,25
Wyn en sterk drank 1 600 10,00
Vis 1 300 8,18
Yster- en staalprodukte 1 100 6,88
Verwerkte vrugte en groente (bv. vrugtesap) 1 020 6,38
Plofstowwe en verwante produkte 720 4,50
Juwele en verwerkte halfedelgesteentes 430 2,69
Klerasie 410 2,56
Leer en leerprodukte 400 2,50
Tekstielstowwe 390 2,44
Res: groot verskeidenheid kleiner groepe ** 6 190 38,67
Totaal 16 000 100,00

** Onder die kleiner groepe produkte is bote, plastiekgoedere, elektroniese toerusting, meubels, vleis en chemiese stowwe.

Kom ons ondersoek hierdie lys van uitvoerprodukte:

Watter persentasie van die Wes-Kaap se inkomste kom direk of indirek uit die vrugtebedryf?

%

Onderstreep die korrekte antwoord: Die belangrikste rede vir dié groot persentasie-inkomste uit vrugte is (die klimaat / ingevoerde hulpbronne).

Die landbou as belangrike werkgewer

Die landbousektor is ‘n baie belangrike werkgewer in die Wes-Kaap. Sowat 163 000 mense werk op plase. Saam verdien hulle naastenby R180 miljoen per maand en onderhou amper 700 000 afhanklikes. Boonop verskaf die landbou geweldig baie produkte aan die fabrieke waar dit verwerk word en verdere werkgeleenthede skep. Daar is ook ‘n groot aantal fabrieke waar gereedskap en ander hulpmiddele vir die landbou vervaardig word. Nog meer werkgeleenthede word so verseker.

Ongelukkig eis die ontwikkeling van die (landbou-) tegnologie in die laaste tyd ‘n groot tol. Weens die gebruik van masjiene wat in ‘n al hoe groter mate gebruik word, het werkgeleenthede op plase tussen 1997 en 2001 met nagenoeg 5 000 afgeneem.

AKTIWITEIT 2

OM DIE SOSIALE PROBLEME WAT DEUR WERKLOOSHEID VEROORSAAK WORD, TE ONDERSOEK

[LU 1.6; 2.2]

Verdeel in groepe en bespreek die sosiale probleme wat werkloosheid veroorsaak. Probeer ook nuusberigte hieroor versamel en bespreek dit in die klas. Maak ook voorstelle vir maniere om die probleme van werklose mense op te los.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
  • tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];
  • inligting kategoriseer;
  • sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

  • deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede identifiseer;

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Uitvoerprodukte:

  • 31,63%
  • Klimaat

AKTIWITEIT 2

  • Bende-aktiwiteite – dwelms, diefstal, geweld
  • Frustrasie – familiegeweld

Questions & Answers

what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
What are the treatment for autism?
Magret Reply
hello. autism is a umbrella term. autistic kids have different disorder overlapping. for example. a kid may show symptoms of ADHD and also learning disabilities. before treatment please make sure the kid doesn't have physical disabilities like hearing..vision..speech problem. sometimes these
Jharna
continue.. sometimes due to these physical problems..the diagnosis may be misdiagnosed. treatment for autism. well it depends on the severity. since autistic kids have problems in communicating and adopting to the environment.. it's best to expose the child in situations where the child
Jharna
child interact with other kids under doc supervision. play therapy. speech therapy. Engaging in different activities that activate most parts of the brain.. like drawing..painting. matching color board game. string and beads game. the more you interact with the child the more effective
Jharna
results you'll get.. please consult a therapist to know what suits best on your child. and last as a parent. I know sometimes it's overwhelming to guide a special kid. but trust the process and be strong and patient as a parent.
Jharna
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask