<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Hierdie is ‘n pretoefening waar leerders ook hulle drama- en kunstalente kan inspan.
Groepopdrag
Elke groep hou ‘n poppekasvertoning vir die res van die klas. ‘n Maklike manier om handpoppe te maak is om ‘n ou sokkie te gebruik en ‘n gesiggie daarop te verf met materiaalverf of filtpenne. ‘n Mens kan ook maklik ore, hare of ‘n hoed aan die kous vaswerk. Eenvoudige “klere” soos ‘n das of mantel kan om die “nek” vasgebind of vasgewerk word. Vir die poppekas kan ‘n groot kartondoos gebruik word wat as ‘n verhoog dien. Daar kan selfs gordyntjies aangebring word. Wees kreatief!
Leerders sal voorbereidingstyd nodig hê om items van die huis af te bring en dalk ook weer die stories te gaan lees.
Onthou:
Elke groep moet een verteller hê wat die storie vertel. Die ander karakters mag wel ook praat of geluide maak. Aan die einde van die opvoering moet die verteller die les wat die storie inhou aan die gehoor verduidelik. Die verteller moet sê wat die probleem was en hoe dit opgelos is. Kommentaar of die probleem goed of sleg deur die storiekarakters hanteer is, kan ook goed te pas kom.
Elke groep trek een "storie" uit ‘n papiersak:
Die opvoeder kan ook ander stories gebruik. Afrika- en ander legendes kan net so suksesvol aangewend word.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 3 |
Persoonlike ontwikkelingDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
|
|
|
|
|
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?