<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Hoe lyk ek?

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Themba sterk by die huis aan na die ongeluk. Hy is baie teleurgesteld dat hy nie rugby kan speel nie maar lê hom toe op swem en besoek die biblioteek gereeld. Die gedig wys daarop dat daar ander soorte wenners ook is en dat alles in die lewe nie net oor “wen” gaan nie.

Besprekingsonderwerpe soos gestremdes om ons, sportaktiwiteite by die skool en die grappies en raaisels wat gelees kan word, behoort stimulerend vir die leerders te wees. Hulle bespreek ook met mekaar onderwerpe waaroor hulle wil skryf en begin nou hul stories te redigeer.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Die begin klanke sw, kw en tw word in konteks behandel, asook die eindklanke -nk, -nt, -ng en -ns.

‘n Blokkiesraaisel en woordblok word gebruik vir vaslegging.

  • SKRIF

Voorbeelde van skriflesse word ingesluit om moeilike hoofletters weer te hersien. Leerders behoort nou met gemak sinne met hoofletters wat korrek gevorm word te kan gebruik.

Skrif:

In die modules 1 – 4 is al die hoofletters in drukskrif aangeleer.

In hierdie module word ‘n voorbeeld van elke hoofletter weer eens gegee.

Die skrifles kan nou aangebied word. Daar word aanbeveel dat die hoofletters wat leerders nog nie bemeester het nie, gereeld hersien word.

Daar behoort daagliks aan skrif aandag gegee te word. Leerders moet die geleentheid kry om die formasie van die letters te oefen sodat hulle met meer gemak duidelik en vinniger kan skryf.

Kreatiewe Skryfwerk:

Leerders word in hierdie module bewus van ‘n storie se begin, die middel en die einde. Nadat hulle die sinne georden het, moet hulle die verhaal uitbrei en hulle eie gedagtes byvoeg. As die klas dit saam bespreek, kan baie idees gegee word om hulle stories interessanter te maak. Die voorstelle kan ook op die skryfbord aangebring word sodat leerders die idees in hul eie stories kan gebruik.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees die storie.

Goeie nuus.

Nee, die span het nie die goue medalje gekry nie – wel silwer.

Themba was bly oor sy span en het hulle geluk gewens.

“Toemaar,” het hulle gesê, “volgende jaar speel jy weer vir ons span, Themba, dan sal ons hulle wys!” Themba glimlag net en sê: “Ons sal sien”.

Daardie middag kry al die kinders ‘n omsendbrief om huis toe te neem. Eers toe Themba by die huis kom, lees hy die brief. Ouma Rosie luister.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask