<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Persoonlike ontwikkeling

Module 17

'n mini-kunswedstryd in die klas

Aktiwiteit:

Om deel te neem aan 'n mini-kunswedstryd in die klas

[lu 3.5]

‘n Mini-kunswedstryd

Die hele klas neem deel aan ‘n mini - kunswedstryd of talentkompetisie. (Die aktiwiteit kan ook deel uitmaak van die Kuns en Kultuurleerarea).

Elke leerder in die klas kry die geleentheid om in een minuut ‘n individuele item te lewer, bv. ‘n gedig voordra, “kulkuns”-toertjie te doen, ‘n musiekstuk op ‘n blokfluit te speel, ‘n kort dansie uit te voer, ens.

Elke leerder tree ook op as beoordelaar en ken vir elk van die volgende afdelings ‘n punt uit tien toe aan elke deelnemer.

Punt uit 10
Beoordelaar:
Naam van deelnemer
Item
Voorbereiding en afronding
Kommunikasie met gehoor
Stem/klank of bewegings gebruik
Algemene indruk

Na afloop van die "kunswedstryd" vra die onderwyser ‘n aantal “beoordelaars” om hulle punte aan die klas voor te lees en te verduidelik. Dit is belangrik dat leerders goeie en swakker punte van elke optrede uitlig en hulle puntetoekenning motiveer.

Die klas kan dan stem vir ‘n eerste, tweede en derde posisie in die wedstryd.

Assessering

LU 3

persoonlike ontwikkeling

Die leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 persoonlike suksesse identifiseer en ‘n aksieplan ontwikkel vir die voortgesette vorming van ‘n positiewe selfbeeld;

3.2 begrip van en respek vir liggaamsveranderings toon;

3.3 op ‘n gepaste manier uitdrukking gee aan ‘n verskeidenheid gevoelens en dit respekteer;

3.4 maniere ondersoek en evalueer om doeltreffend op gewelddadige situasies en kontekste te reageer;

3.5 besin oor hoe terugvoering gegee en ontvang kan word;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask