<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU/AS 2.1.6

Assessering

LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe:
4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes, bv. limerieke);
4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (soos kennisgewings, verslae);
4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, grafika en ontwerp duidelik en skeppend te gebruik (soos CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe met foto’s);
4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:
4.4.3 paragraafvlak:
  • skryf ‘n kernsin en sluit relevante inligting in om ‘n samehangende paragraaf te ontwikkel.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal om te dink en te redeneer;
5.1.3 ontwikkel ‘n gebalanseerde argument oor ‘n relevante en uitdagende vraagstuk;
5.1.4 kontraseer teenstellende perspektiewe en gee redes;
5.3 verwerk inligting;
5.3.5 verander inligting van een taal na ‘n ander;
5.4 gebruik taal om skeppend te dink;
5.4.1 beskryf wat sy/hy visualiseer nadat ‘n teks gelees of gehoor is.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 werk met woorde:
6.1.4 gebruik skryftekens(kappie, deelteken, koppelteken, afkappingsteken, aksentteken) doeltreffend in alledaagse woorde;
6.1.6 gaan spelling en betekenis in ‘n woordeboek of tesourus na,
6.1.9 besef dat talle woorde uit verskillende komponente bestaan;
6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone;
6.2 werk met sinne:
6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en andersom, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde;
6.2.12 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe: verbuiging.

Memorandum

Aktiwiteit 2

(a) “Kort nadat my vriend weg is, is ek aangeval.”

(b) “Ek is met ‘n marmerbeeldjie oor die kop geslaan.”

(c) “Ek dink hy het by die brandtrap opgeklim en deur die venster geklim.”

(d) “Ek het ‘n drankie saam met my vriend wat by my gekuier het, geniet.”

(e) “Ek het onvangs geskakel omdat ek nie die polisie se telefoonnommer ken nie.”

(f) “Ek het nie die vaagste idee aan wie die klapmus behoort nie.”

(g) “Sover ek kan agterkom, is dit net my juwelekissie wat weg is.”

(h) “Ja, die juwele is verseker vir een miljoen rand.”

(i) “Hy het vroeër in die aand by my gekuier.”

(j) “Ja, ek wil onmiddellik my regsverteenwoordiger skakel.”

  1. Voorbeelde:
  2. Mev. Haussman het gesê dat sy kort nadat haar vriend weg is, aangeval is.
  3. Mev. Haussman het gesê dat sy met ‘n marmerbeeldjie aangeval is.
  4. Mev. Haussman het gesê sy dink dat hy by die brandtrap opgeklim (het) en deur die venster geklim het.
  5. Mev. Haussman het gesê dat sy ‘n drankie saam met haar vriend wat by haar gekuier het, gedrink het.
  6. Mev. Haussman het gesê dat sy ontvangs geskakel het omdat sy nie die polisie se nommer ken (OF: geken het) nie.
  7. Mev. Haussman het gesê dat sy nie die vaagste idee het aan wie die klapmus behoort nie.
  8. Mev. Haussman het gesê dat, sover sy kon agterkom, dit net haar juwelekissie was wat weg was.
  9. Mev. Haussman het bevestigend geantwoord dat die juwele vir een miljoen rand verseker is (OF was).
  10. Mev. Haussman het gesê dat hy vroeër in die aand by haar was.
  11. Mev. Haussman het gesê dat sy haar regsverteenwoordiger onmiddellik wou skakel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask