<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Karen, wie se tone glo weens rookverwante probleme geamputeer is, het nou ook met die sproei opgehou rook.

‘n Debat tussen Riaad en Margaret oor tabakborge vir sport en musiekkonserte was ook ‘n plus-punt vir nie-rokers, het Ucko gesê. Riaad het verduidelik dat die branderrykampioenskappe en musiekkonserte steeds plaasvind, hoewel tabakreuse nie meer die borge is nie.

Die Burger

  1. Skryf uit die berig die vetgedrukte woorde, wat met ‘n koppelteken geskryf is, hieronder neer. Skryf dan daarnaas, na aanleiding van die verduideliking in (i) op p. 30, tot watter groep jy dink die woorde behoort.
WOORD GROEP

Het jy vier opgespoor?

  1. Wanneer word ‘n koppelteken gebruik?
  • As ons aardrykskundige name en afleidings daarvan skryf, bv. Wes-Kaapland . Die berugte dwelmsmokkelaar woon in Bellville-Oos in Suid-Afrika .
  • Woorde saamgestel met oud en nie . ‘n Oud-leerling van ons skool is in ‘n rehabilitasiesentrum opgeneem. Al die nie-rokers het beswaar aangeteken teen die rokery in die restaurant.
  • ‘n Woord wat ‘n samestelling met letters en syfers is. Die graad 7-klas het ‘n plakkaat gemaak om ons teen die gevare van rook te waarsku. Die miljoenêr het sy geld in die e-handel gemaak. Hulle kan met x-strale vasstel dat die rower die gebuite diamante ingesluk het.
  • As ons woorde herhaal. Ons het staan-staan beweeg omdat alle motors vir dwelmmiddels deursoek is.

Hoekom dink jy skryf ons die volgende woorde met ‘n koppelteken?

na-aap, see-eend, ru-olie en uie-oes.

Ander gevalle . Die koppelteken word ook in die volgende gevalle gebruik: bek-af , Tygerberg-hospitaal en kokaïen-arrestasie .

  1. Skryf nou al die ander vetgedrukte woorde uit die leesstuk (nr. 9) neer. Skryf die woord links en die betekenisdraende dele regs.
WOORD BETEKENISDRAENDE DELE
  1. Skryf die twee woorde neer waar die betekenisdraende dele met ‘n s gekoppel is.

Onderstreep die s in rooi. Die s is dus die verbindingsklank .

  1. Verskaf die korrekte verbindingsklank en skryf die volgende woorde korrek oor: (Skryf dus die korrekte samestelling neer.)
  • Dit kos (man/moed) om so ‘n gevaarlike smokkelaar aan te keer.
  • Die (gelaat/kleur) van die verdagte is baie lig.
  • In sy (sterf/uur) het die berugte smokkelaar erken dat hy ‘n koerier vir kokaïen was.

Wat is ‘n koerier?

Wat is die teenoorgestelde van berug?

  • Twee paar (dame/skoene) is op die rooftoneel aangetref.
  • Die bendeleier het aan ‘n (mes/steek) beswyk.
LU/AS 6.1.9

Hoekom het die woord (die eerste woord in paragraaf 2) ‘n aksentteken ?

Die aksentteken word dus gebruik as jy aksent (klem) op ‘n spesifieke woord wil plaas.

“Toe, jy kán ophou rook as jy wil.”

“Jy sê hy was kwaad. Hy was bóós !

Hulle móés die dief voor drie-uur aankeer.

LU/AS 6.1.4
  1. Kies een van die volgende onderwerpe en bespreek dit in groepe. Gee daarna terugvoering aan die klas. Julle kan ook ‘n klasdebat hou. Een groep verdedig die stelling en ‘n ander groep die teenstelling.
  1. Dit is verkeerd om by feesvieringe (partytjies en sosiale byeenkomste) alkoholiese drank voor te sit.
  2. Alle tabakadvertensies moet verbied word, want sigaretrook lei net tot ellende.
  3. Kinders moet geleer word hoe om alkohol te gebruik en nie te misbruik nie.
  4. Die verbod op rook in alle openbare plekke is net ‘n lomp wet wat onnodige uitgawes teweegbring en boonop kan die wet nie deeglik toegepas word nie.
  5. ‘n Mens behoort nie grappies te maak oor drankmisbruik nie, want alkohol is ook ‘n dwelm.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask