<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AKTIWITEIT 6

OM INLIGTING TE VERSAMEL EN TE KATEGORISEER

[LU 5.3.1]

Stap 3:

Elke groeplid bring die inligting (getik, geskryf, prente, knipsels, boeke, sketse) wat hy / sy versamel het klas toe en deel dit met die ander groeplede sodat almal oor dieselfde inligting beskik. Besluit sommer ook oor die volgorde waarin julle die inligting gaan plaas en stel ‘n voorlopige inhoudsopgawe op. Skryf dit onder mekaar neer.

Tot hier het jy saam met jou groeplede gewerk. Van nou af is jy eers weer op jou eie.

AKTIWITEIT 7

OM ‘N KONSEPWEERGAWE TE SKRYF MET ‘N SENTRALE IDEE EN GOED ONTWIKKELDE PARAGRAWE

[LU 4.2.3]

Stap 4:

Jy moet die inligting wat deur jou groeplede versamel is so deeglik bestudeer dat dit vir jou voel asof jy die persoon self ken. Eers daarna kan jy begin skryf. Jou eerste poging sal op los papier wees, sodat jy jou gedagtes goed agtermekaar kan kry. Wanneer jy daarmee tevrede is, moet jy jou konsepweergawe netjies op ‘n skoon vel papier of in jou werkboek neerskryf, onder die opskrif: Inhoudsopgawe.

aktiwiteit 8

om jou skryfwerk te hersien deur te let op jou inhoud en taal en die terugvoer van jou groeplede en opvoeder te gebruik

[lu 4.2.5]

Stap 5

Hersien jou werk deur dit self deeglik te lees. Gebruik jou woordeboek om seker te maak dat jy spelfoute regstel en dat jy hoofletters en ander leestekens reg gebruik het. Is jou inhoud korrek? Handel elke paragraaf oor gedagtes wat bymekaar hoort?

AKTIWITEIT 9

OM JOU SKRYFWERK TE PROEFLEES EN DIE FINALE KONSEP TE KORRIGEER

[LU 4.2.5]

Stap 6

In hierdie stap moet julle nou julle skryfwerk aan die ander groeplede wys. Julle moet probeer om mekaar goeie raad te gee oor hoe julle jul werk kan verbeter en watter foute julle nog kan uitskakel. Julle opvoeder kan ook hiermee help. Skryf die verbeteringe in ‘n ander kleur as jou konsepweergawe neer.

AKTIWITEIT 10

OM JOU WERKSTUK FINAAL OOR TE SKRYF EN OOR DIE ASSESSERING DAARVAN TE DINK

[LU 4.2.5]

Stap 7

Dink ‘n gepaste naam vir jou werkstuk uit en skryf dit bo-aan. Dit word gevolg deur jou inhoudsopgawe. Daarna skryf jy jou finale weergawe sodat dit gereed kan wees vir assessering.

Taalstruktuur en -Gebruik

AKTIWITEIT 11

OM TE LEER DAT TALE WOORDE BY MEKAAR LEEN EN OM NUUTSKEPPINGE TE GEBRUIK

[LU 6.1.11]

Ons land se inwoners het ‘n verskeidenheid moedertale. Julle moedertaal is Afrikaans, maar daar is ook Suid-Afrikaners wat ‘n ander moedertaal het. Kan julle dalk ‘n paar noem?

a) Leenwoorde

Tale “leen” dikwels woorde by mekaar. Afrikaans het ook woorde by ‘n verskeidenheid ander tale geleen.

b) Nuutskeppinge

Afrikaans is ‘n taal wat “lewe” en “groei”, want daar word gedurig nuwe woorde in ons taal bygevoeg. Die meeste van hierdie nuwe woorde kom uit leerareas soos Tegnologie en Elektronika, omdat daar gedurig nuwe ontwikkelinge en uitvindings is. Dink maar aan nuwe woorde wat ontstaan het uit die uitvinding en ontwikkeling van die sellulêre foon en die digitale kamera. Die volgende verrassende voorbeeld kom in die 2005-uitgawe van die HAT (bladsy 1051) voor:

SMS: ‘n Stelsel waarvolgens selfoongebruikers boodskappe kan stuur en ontvang.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask