<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Bewaarder van die land se historiese geboue, kunsskatte, die natuurerfenis en diereryk; bevorderaar van kleinsake as die groot skepper van werkgeleenthede; weldoener wat ander gehelp het om hulleself te help – noem maar op.

Arm begin. Skatryk geword. Wêreldwyd bekend. Beroemd. Gerespekteer. Onder sy vriende het talle koninklikes en staatshoofde getel. Maar dié wat hom geken het, sal hom onthou as iemand wat altyd nederig gebly het.

BRONNE: Gedenkbylae by Die Burger, Januarie 2006.

Die Kerkbode, 10 Februarie 2006.

AKTIWITEIT 2

OM ‘N VERSKEIDENHEID LEES- EN BEGRIPSTRATEGIEË TOE TE PAS

[LU 3.1.2]

b) Gebruik die leesstuk om in julle groepe hardop aan mekaar voor te lees. Probeer veral om duidelik en vloeiend te lees en om die moeiliker woorde korrek uit te spreek.

AKTIWITEIT 3

OM TE SOEKLEES VIR SPESIFIEKE BESONDERHEDE

[LU 3.1.1]

c) Gebruik nou die leesstuk om die antwoorde op die volgende vrae neer te skryf:

In watter provinsie is Graaff-Reinet? (Jy kan ook jou atlas gebruik om te kyk waar dié dorp is).

Wat het die Karoo vir dr. Rupert geleer?

Dink jy dr. Rupert was regtig ‘n groot Suid-Afrikaner? Gee minstens twee redes vir jou antwoord.

Probeer jou bes om te skryf wat ‘n oorgrenspark is.

Wenk: breek die woord eers in lettergrepe op en dink goed daaroor voordat jy die betekenis hier neerskryf.

v) Ons het gelees van wyle dr. Anton Rupert en wyle Prins Bernard. Wat beteken dit as die woord “wyle” voor iemand se naam geskryf of gesê word? As jy nie weet nie, sal jy dit op bladsy 1405 in die HAT vind.

As mens ‘n stuk skryfwerk van goeie gehalte wil doen, is dit nodig om dit deeglik voor te berei. Jy moet jou gedagtes eers agtermekaar kry en dit selfs met iemand anders bespreek. Jy moet ook moeite doen om die regte inligting te kry. Op die volgende bladsye gaan julle so ‘n proses volg.

AKTIWITEIT 4

OM ‘N ONDERWERP TE KIES EN TE ONTLEED EN ‘N DINKSKRUM OOR IDEES TE HOU

[LU 4.2.1]

Stap 1:

Julle opvoeder sal julle in klein groepe verdeel (liewer nie minder as drie in ‘n groep nie). Julle eerste taak is om julle onderwerp te kies, naamlik die naam van ‘n Suid-Afrikaner wat julle as “ ‘n arend” beskou en oor wie julle wil skryf. Elke groep moet ‘n ander “arend” kies. Elke groeplid moet minstens een naam voorstel en redes gee waarom hy / sy die persoon voorstel. Die groepie moet alle voorstelle bespreek en uiteindelik een naam kies.

Wat is belangrik?

Die persone wat voorgestel word, moet Suid-Afrikaners wees.

Die persone kan van enige geslag of ras wees.

Die persone moet goeie rolmodelle wees.

Julle ouers mag julle vooraf help met name wat julle kan voorstel.

Wenk: Dink bv. aan Suid-Afrikaners wat presteer het in sport, politiek, die vermaaklikheidswêreld, die mediese wetenskap of ander wetenskappe, liefdadigheid, die versorging van mense, die kunste en musiek. Julle moet egter seker maak dat julle meer as een bron van inligting oor die persoon kan bekom.

AKTIWITEIT 5

OM INLIGTING ONDER VERSKILLENDE HOFIES TE KATEGORISEER

[LU 5.3.3]

Stap 2:

Wanneer julle jul keuse gemaak het, moet julle besluit watter soort inligting julle oor die persoon gaan soek, bv. kinderjare, opleiding, prestasies, persoonlike eienskappe (soos Roland Schoeman se lojaliteit aan SA of dr. Rupert se nederigheid). Maak daarvan aantekeninge sodat julle sal weet waarna om te soek en uiteindelik ‘n inhoudsopgawe kan saamstel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask